Leopold Scholtz (gebore Willem Leopold von Ranke Scholtz; 30 Junie 1948 – 19 Oktober 2022Profiel op geslagregisters.com, besoek op 26 Oktober 2022) was ‘n Suid-Afrikaanse historikus, akademikus, skrywer en joernalis. Hy was onder meer adjunkredakteur van Die Burger, buitengewone hoogleraar aan die Universiteit Stellenbosch en lid van die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en was navorsingsgenoot aan die Noordwes-Universiteit (fokusarea Sosiale Transformasie, Potchefstroomkampus).
Lewensloop Scholtz se vader, dr. G.D. Scholtz, was ’n gesiene historikus wat ook talle publikasies die lig laat sien het.
Scholtz het aan die Universiteit Stellenbosch, die ou Randse Afrikaanse Universiteit (nou die UJ) en die Universiteit van Leiden gestudeer. Hy het in 1978 ’n doktorsgraad in geskiedenis aan die Universiteit van Leiden in Nederland behaal op grond van ’n proefskrif oor generaal Christiaan de Wet as veldheer. In Leiden het hy ook sy toekomstige vrou, Ingrid (ook ’n historikus), ontmoet.
Hy het later ’n joernalis geword en sy professionele loopbaan in Suid-Afrika afgesluit as adjunkredakteur van Die Burger. Hy is die skrywer van talle boeke en meer as 50 ewekniebeoordeelde artikels in geakkrediteerde tydskrifte en hoofstukke in versamelwerke. Nadat hy na Delft, Nederland verhuis het, het hy as Europese korrespondent vir Media24 se Afrikaanse koerante gedien, en was hy ook as navorsingsgenoot by universiteite betrokke. Hy was ook 'n gereelde rubriekskrywer vir Maroela Media.https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/bekende-koerantman-historikus-sterf/ Besoek op 22 Oktober 2022. Hy het in 2022 in Delft aan leukemie gesterf.
Boeke Generaal Christiaan de Wet as Veldheer (1978), Beroemde Suid-Afrikaanse krygsmanne (1984; Rubicon-Pers), Suid-Afrika en die Nuwe Wêreldorde (medeskrywer) (1996; Human & Rousseau), Waarom die boere die oorlog verloor het (1999; Protea Boekhuis), Die SAW in die Grensoorlog 1966-1989 (2013; Tafelberg), Kruispaaie: Afrikanerkeuses van die 19de en 20ste eeu (2016; Kraal Uitgewers), The Battle of Cuito Cuanavale : Cold War Angolan Finale, 1987-1988 (2016; Helion and Company), Ratels aan die Lomba: die storie van Charlie-eskadron (2018; Jonathan Ball Uitgewers), Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 (2019; Kraal Uitgewers), Die Saw En Cuito Cuanavale: 'n Taktiese en strategiese analise (2020; Jonathan Ball Uitgewers), Terreur en bevryding: Die ANC/SAKP, die kommunisme en geweld (1961–1990) (2022; Jonathan Ball Uitgewers),
Verwysings
Bronne https://www.litnet.co.za/author/leopold-scholtz/
https://www.helion.co.uk/people/leopold-scholtz.php
https://www.kraaluitgewers.co.za/product-category/skrywers/leopold-scholtz/
https://mymaties.academia.edu/LeopoldScholtz
Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Sterftes in 2022 Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse geskiedkundiges Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse akademici Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste