Cullumia micracantha is 'n struik wat tot die Asteraceae familie hoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die sandveld naby Redelinghuys voor. Die plant het reeds 70% van sy habitat aan die verbouing van Rooibos en aartappels afgestaan die afgelope 25 jaar. Die totale populasie word op 2 500 plante beraam en die verlies aan habitat gaan steeds voort.

Die plant is deel van die fynbos-bioom.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Cullumia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika