Cullumia carlinoides is 'n struik wat tot die Asteraceae familie hoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom tussen die Duiwenhoksrivier en Heroldsbaai voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 2274 km² en daar is tussen tien en vyftien subpopulasies. Die plant word bedreig deur ontwikkeling aan die kus en indringerplante.
Die plant is deel van die fynbos-bioom.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Cullumia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika