duimnael|Dawid van Lill Dawid Johannes van Lill (gebore 15 Februarie 1957) is 'n skrywer, joernalis, vertaler en redakteur wat spesialiseer in die skep van vasvraprogramme vir radio, televisie, tydskrifte en die internet. Hy het meer as 2 000 episodes van radiovasvrae gekonseptualiseer, saamgestel en aangebied, en vrae vir 'n aantal TV-vasvrae saamgestel.
Hy het die sportafdeling vir die South African Encyclopaedia (vir MWeb Learning) bygedra, vrae vir die vorige Suid-Afrikaanse weergawe van Trivial Pursuit saamgestel en die vrae en antwoorde vir vyf reekse van The Weakest Link geverifieer. In 1984 en 1986 was hy die wenner van die gewilde TV-vasvrareeks Flinkdink en hy is ook die skrywer van verskeie boeke. Dawid is tans die uitvoerende hoof van Think Media, 'n vasvra- en trivia-maatskappy.
Lewe en loopbaan Dawid van Lill is in 1957 in Suidwes-Afrika (Namibië) gebore. Hy het in 1984 aan die Universiteit Stellenbosch gegradueer met 'n meestersgraad in Teologie. In 1984 en 1986 was hy die wenner van die gewilde TV-vasvrareeks Flinkdink. Hy het in 1985 by die SAUK aangesluit, en het ná sy Flinkdink-ervaring 'n bekende radiopersoonlikheid geword. Van 1985 tot 1997 was hy 'n omroeper by die SAUK, waar hy vasvra- en trivia-programme vir radio geskep, saamgestel en aangebied het.
In 1998 het Dawid en sy vrou, Marina, Think Media, 'n navorsingsmaatskappy, gestig. In 2000 en 2001 het Think Media die vrae en skrifte vir vasvraprogramme soos "100%, Blitsvinnig" en "Vat 'n Kans!" Hulle het ook vrae saamgestel vir die M-Net-sportvasvraprogram Going for Gold, asook vir twee reekse van die SABC 3-vasvraprogram Greed, e.tv se Mahala on e en hy was ’n konsultant en navorser vir SABC2 se Flinkdink en SABC3 se Weakest Link . Think Media het die vrae verskaf vir die M-Net-vasvrareeks Temptation en Are You Smarter than a 5th Grader? Hy skryf ook die Sport-afdeling van die Suid-Afrikaanse Ensiklopedie (wat in April 2001 op M-Web verskyn het).
Dawid het ook algemene kennisvrae vir 'n Suid-Afrikaanse weergawe van Trivial Pursuit saamgestel. Ander prestasies sluit vasvra- en trivia-boeke in, sowel as 'n aantal boeke oor Afrika, insluitend Amazing Africa, Amazing Animals of Southern Africa, Wonders of Africa en Mensgemaakte Wonders van Afrika. Sy stokperdjies sluit in lees, flieks, reis, sport en algemene kennis.
In 2000 het Dawid en sy vrou, Marina, 'n Algemene Kennis- en Nuusvasvraprogram vir skole en die publiek begin, genaamd EK WEET!
Hy versamel ook boeke oor alles en nog wat 'n mens se algemene kennisrepertorium sal verryk. Hy is ook lief vir 'n goeie whodunit. Een van sy spesialiteite is die versameling van inligting en boeke oor sport, veral rugby, krieket, atletiek en tennis.
“Ongeneesbare nuuskierigheid is duisend keer beter as terminale onkunde.”
Boeke
Titel Jaar Uitgewer Ontdek die Bybel (Larousse) Editor 1993 Daan Retief Die Groot Familievasvraboek 1998 Human & Rousseau The Big Family Quiz Book 1998 Human & Rousseau Wat 'n Vraag! 2001 Human & Rousseau Fassinerende Feite 2000 LAPA Uitgewers Van Lill's South African Miscellany 2004 Zebra Press Van Lill se Suid-Afrikaanse Trivia 2004 Zebra Press Wonderlike Afrika 2004 LAPA Uitgewers Amazing Africa 2007 LAPA Uitgewers Van Lill's South African Sports Trivia 2005 Zebra Press Wonderlike Diere 2005 LAPA Uitgewers Amazing Animals 2007 LAPA Uitgewers Wonders van Afrika 2006 LAPA Uitgewers Wonders of Africa 2006 LAPA Uitgewers African Wildlife Trivia 2008 Struik Uitgewers Afrika se Natuur-trivia 2008 Struik Uitgewers Manmade Wonders of Africa 2008 LAPA Uitgewers Mensgemaakte Wonders van Afrika 2008 LAPA Uitgewers Britannica Junior vir Suidelike Afrika (Editor) 2010 Jacklin Enterprises Amazing Africa (New edition) 2010 LAPA Uitgewers Wonderlike Afrika (New edition) 2010 LAPA Uitgewers
TV-vasvrae Stel vrae saam Nr. Titel Stasie Jaar Episodes 1 100% kykNET 2000 30 2 Blitsvinnig kykNET 2000 26 3 Going for Gold M-Net 2000 26 4 Greed SABC3 2000 26 5 Mahala on e e.tv 2001 20 6 Waag 'n kans M-Net 2001 13 7 Flinkdink 1 SABC2 2003 13 8 Flinkdink 2 SABC2 2004 13 9 Flinkdink 3 SABC2 2005 13 10 Genius SABC1 2004 26 11 Mega Minds SABC1 2004 13 12 Whizz Quiz SABC1 2004 13 13 Friday Face-Off SABC1 2004 39 14 Test the Nation SABC2 2005 01 15 Sho't Left SABC2 2005 07 16 In die Kryt kykNET 2005 08 17 Tweestryd kykNET 2006 26 18 Beautiful Country SABC2 2006 13 19 Om-i-Wêreld 1 & 2 kykNET 2006 52 20 Dlala Skhokho 1 SABC1 2006 26 21 Dlala Skhokho 2 SABC1 2007 26 22 Treasure Hunter SABC3 2006 26 23 Temptation: SA M-Net 2006 30 24 Temptation: Nigeria M-Net 2006 26 25 Eish! I know! 1 SABC2 2007 13 26 Eish! I know! 2 SABC2 2008 13 27 Are you smarter than a 5th Grader? M-Net 2008 13 28 SoccaGame SABC1 2010 13
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Lewende mense