Oscularia vredenburgensis is 'n meerjarige blomplant wat hoort tot die genus Oscularia. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Stompneusbaai tot by Langebaan voor waar dit deel van die strandveld-bioom is. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 500 km² en sy habitat het verklein met 30% die afgelope 15 jaar. Daar is tans vyf subpopulasies bekend. Die plant word bedreig deur ontwikkeling aan die kus en oorbeweiding.
Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online
vredenburgensis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika