duimnael|Mariebeskuitjie 'n Mariebeskuitjie is 'n soort beskuitjie, soortgelyk aan 'n ryk teebeskuitjie. Dit staan onder andere ook bekend (in verskeie tale) as María, Mariebon, Мария en Marietta.

Beskrywing Die beskuitjie is rond en het gewoonlik die naam op sy boonste oppervlak gebosseleer, waarvan die rante ook met 'n ingewikkelde ontwerp gebosseleer is. Dit word gemaak met koringmeel, suiker, palmolie of sonneblomsaadolie en, anders as die ryk teebeskuitjie, is dit tipies vanieljegeurig.

Geskiedenis Die Mariebeskuitjie is in 1874 deur die Londense bakkery Peek Freans geskep om die huwelik van die groothertogin Maria Alexandrovna van Rusland met die hertog van Edinburg te herdenk. Dit het oral in Europa gewild geword, veral in Portugal en Spanje, waar die koekie ná die Burgeroorlog 'n simbool geword het van die land se ekonomiese herstel nadat bakkerye massahoeveelhede daarvan geproduseer het om 'n surplus koring te verbruik.

Verbruik regs|duimnael|Mariebeskuitjie wat gebruik word om Batikkoek te maak, 'n soort sjokoladekoek (soortgelyk aan die reierskyfie) wat gewild is in Maleisië en Broenei. Baie meen dat die gewone geur van Mariekoekies hulle, soos ryk teebeskuitjies, veral geskik maak om in tee te dompel. Ander gewilde metodes om die beskuitjie te eet sluit in om twee beskuitjies te gebruik om 'n toebroodjie met botter en marmite of kondensmelk tussenin te maak; dit te bedek met goue stroop; of dit te verkrummel in vla en jellie (gelatiennagereg). Mariebeskuitjies word gereeld aan kinders bedien, en aan babas wat die beskuitjies, wat in melk saggemaak is, kan inneem as hul eerste "vaste" kos. Mariebeskuitjies is ook 'n algemene bestanddeel in tuisgebakresepte. In Indië is Mariebeskuitjies 'n groot gunsteling om in warm tee gedompel en geniet te word.

In Spanje word natillas-vla tipies bedien met 'n Mariabeskuitjie bo-op. duimnael| Spaanse Natillas, gewoonlik bedien met 'n Maríabeskuitjie bo-op In Uruguay word hulle bedien, gevul met dulce de leche en besprinkel met gerasperde klapper. In Brasilië word dit in melk geweek en dan in lae sjokolade en vanieljegegeurde vlaroom gestapel, met geklopte room en fyngemaakte kasjoeneute bo-op om pavê te maak, 'n baie gewilde Brasiliaanse nagereg. In Ierland staan die koekies bekend as Marietta en word deur Jacob's vervaardig. In Maleisië gebruik mense dit hoofsaaklik om batikkoek te maak.

Vervaardigers Die belangrikste internasionale vervaardigers (gesorteer volgens landnaam): Land/streekVervaardigerHandelsmerkeArcorManáArcorVocaciónArnott's Biscuits HoldingsMarieBelarusSlodych, confectionery factoryMariertaConfectionary Factory SpartakMariya (Мария)DelacreMariaFábrica FortalezaMariaPiraquêMariaRichesterMariaVitarellaMariaPresident's ChoiceMariaCosta RicaPozueloMariaKelsenBiscaMariekiksEquadorNestlé Ecuador S.A.MaríaEgipteBiscomisrMarieKantolan (Made in the Netherlands for Orkla Confectionary & Snacks Finland)Kulta MariePatisserie GunzMariaHong KongThe Garden Company LimitedMarie BiscuitsDisha FoodsTreffBonn Food IndustriesMariebonBritannia IndustriesMarie Gold, Vita MarieParle ProductsMarieITC LimitedMarie LightDK Bakings KolkataNutribake Morning MarieIndonesiëCV Jaya AbadiMarie Regal BiscuitsMayoraRoma Marie Gold, Roma Marie SusuJacob'sMariettaMorinaga & CompanyMarie (マリー)JordaniëUniversal Industries Co. Ltd. Zalloum GroupMarie or ماريKeniaManji Food Industries Ltd.MarieKoeweitKuwait Flour Mills & Bakeries Co.Marie ماريLibiëMuhab Food Co. BenghaziMarie BiscuitsLibanonGhandour FoodMarie Biscuits, Lucky 555MaleisiëHup Seng Perusahaan Makanan (M) Sdn. Bhd.Ping Pong MarieHwa Tai Industries Bhd.Hwa Tai MarieMunchy Food Industries Sdn. Bhd.Munchy's MariePerfect Food Manufacturing (M) Sdn. Bhd.Julie's MarieMauritiusEsko & Co ltd.MarieGamesaGalletas MariaGoyaMariasFirst Price (NorgesGruppen)Mariekjeks ASMariePally HollandMariakaakjeVerkadeMariaProductos Alimenticios Pascual S. A.MariaEnglish Biscuit ManufacturersPeek FreansFilippyneRepublic Biscuit CorporationMarie, Marie Time, Marie Munch, Marie GoldCuétara, Moaçor, Triunfo, Vieira de CastroBolacha Maria, Bolacha Maria OroSaoedi ArabiëUnited Food Industries Corp. Ltd. Co.DeemaH MarieSingapoerKhong Guan Biscuit Factory (S) Pte. Ltd.Marie Biscuits, Small Marie BiscuitsBakers Blue LabelMarie Beskuitjies, Cappuccino Marie BeskuitjiesBaumann'sMarie BeskuitjiesGullónMaría Leche, María Dorada, María HojaldradaGrupo SiroMaría Clásica, María Dorada, María Hojaldrada, Mini MaríaCuétaraMaría, María Oro, María HojaldradaFontaneda (Mondelēz International)La Buena MaríaMarbú (Artiach)Marbú DoradaSri LankaCBL (Munchee)Tikiri Marie, Marie Light, Rice Marie, Chocolate MarieCargills (Ceylon) PLCKist MarieDaintee LtdDaintee MarieLuckylandLuckyland MarieMaliban Biscuit Manufactories LimitedGold Marie, Light Marie, Chocolate Marie, Premium MarieManchester Foods Pvt Ltd (Bisma)Ceylon MarieGuld MarieKatalina Foods ThailandLaemthong Food Industries Co. Ltd.Laemthong MarieTurkye Biscuits & FoodsGorona Biscuits & FoodsMarieZhytomyr Confectionary Factory ZhLMariya (Марія)Yarych Confectionary FactoryMariya (Марія)Kharkiv Biscuit FactoryMariya (Марія)Crawford'sMarieMcVitie'sMarieIberia, GoyaMaria cookiesKraft FoodsMaria de FamosaEl TrigalMaria RikaVenezuelaC.A. Sucesora de Jose Puig & CIAMaria PuigKinh Do CorporationCosy MarieJemenYemen Company for Industry and CommerceMarieLebenaMarieLobelsMarieArenelMarie

Verwysings

Eksterne skakels Koekie van die week, 'n resensie by nice cup of tea and a sitdown Resensie van Maria Cookies, resensies van verskeie internasionale handelsmerke Foto's van Mariebeskuitjies uit verskeie lande

Kategorie:Gebak