100 meter Leeuloop is 'n Afrikaanse rolprent wat op 15 Maart 2013 vrygestel is. Die regisseurs was Diony Kempen en Robbie Wessels. Robbie se broer, Hamilton Wessels het die draaiboek geskryf.

Genre Die rolprent is 'n komedie. Dit het 'n OL-ouderdomsperk (ouerleiding).

Hoofkarakters Robbie Wessels as Manie Mol, Ronnie Wentzel en Gazi Hanna Grobler Emo Adams as Harregat Harighol Annette Engelbrecht as Mina Mol, Manie se ma Seth Zimu as Petros Petros Mali Hamilton Wessels as Dopi Justin Smit as Fanie Venter Jan-Adriaan van Rooyen

Storielyn Manie is 'n musikant en fanatiese ondersteuner van die sanger, danser en leeuloper Ronnie Wentzel. Manie word as een van vyf finaliste in 'n kompetisie gekies en moet kragte met die ander vier meet. Daar is Pieter Platina, die platanna-boer; Ray Mac, die ritmiese "raver"; Fanie Venter, ’n man wat op sy dag graag Venter-sleepwaentjies gesteel het en Petros Petros Malie, 'n "peashooter"-kampioen. 'n Deelnemer word uit die kompetisie gegooi as gevolg van die gebruik van verbode middels en die karakter Harregat Harighol en die twee aanbieders van die sportprogram Bol-'n-All, Gazi en Dopi, sorg vir nog onvoorspelbare gebeure.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente Leeuloop — die liedjie

Eksterne skakels

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente