Die Morokweng-slagkrater is 'n slagstruktuur wat by die dorp Morokweng in Suid-Afrika se Noordwesprovinsie, naby die grens met Botswana, onder die Kalahariwoestyn begrawe is. "Morokweng". Earth Impact Database. Planetary and Space Science Centre University of New Brunswick Fredericton. Besoek op 9 Oktober 2017.

Beskrywing Die slagkrater is sowat 75-80 km breed en die ouderdom word geraam op 146,06 ± 0,16 miljoen jaar, wat beteken dit is in die Titoniumtydsnede van die laat Juraperiode gevorm, 'n paar miljoen jaar voor die Jura-Kryt-grens.Kenny, G.G., Harrigan, C.O., Schmitz, M.D., Crowley, J.L., Wall, C.J., Andreoli, M.A., Gibson, R.L. and Maier, W.D., 2021. Timescales of impact melt sheet crystallization and the precise age of the Morokweng impact structure, South Africa. Earth and Planetary Science Letters, 567, no. 117013, 13 p.Schmieder, M. and Kring, D.A., 2020. Earth's impact events through geologic time: a list of recommended ages for terrestrial impact structures and deposits. Astrobiology, 20(1), pp.91-141. Dit is in 1994 ontdek en is nie op die oppervlak ontbloot nie, maar is deur magnetiese en gravimetriese opnames gekarteer. 'n Ondersoek toon dit is gevorm deur 'n L-chondrietmeteoriet met 'n deursnee van sowat 5-10 km.Mcdonald, I., Andreoli, M.A.G., Hart, R.J. and Tredoux, M., 2001. Platinum-group elements in the Morokweng impact structure, South Africa: Evidence for the impact of a large ordinary chondrite projectile at the Jurassic-Cretaceous boundary. Geochimica et Cosmochimica Acta, 65(2), pp.299-309.

In Mei 2006 het 'n groep wetenskapliks wat op die terrein geboor het, die ontdekking aangekondig van 'n fragment van 25 cm van die oorspronklike asteroïde op 'n diepte van 770 m onder die oppervlak. Verskeie kleiner stukke met 'n deursnee van 'n paar millimeter is op ander dieptes ontdek. Dié ontdekking was onverwags, aangesien vroeëre ondersoeke by groot slagkraters nie sulke vondste opgelewer het nie en geglo is die asteroïde het heeltemal verdamp. Sommige fragmente kan gesien word in die Antenna-vleuel van die Londense Wetenskapmuseum.

Verwysings

Nog leesstof

Skakels "Fossil Meteorite Unearthed From Crater"

Kategorie:Slagkraters