Die Manson-krater is 'n slagkrater naby Manson, Iowa, waar 'n asteroïde of komeetkern die Aarde tydens die Krytperiode, sowat 74 miljoen jaar gelede, getref het. Dit was een van die grootste bekende impakvoorvalle in Noord-Amerika."The Manson impact was the biggest thing that has ever occurred on the mainland United States. Of any type. Ever," Bill Bryson, A Short History of Nearly Everything 2003:238.

Voorheen is geglo dit het tot die uitwissing van die dinosourusse gelei, totdat bewys is dit is te oud.

Geen bewyse van die krater bestaan op die oppervlak nie weens taamlike onlangse bedekking deur gletsersediment. Die terrein van die krater is nou begrawe en 'n plat landskap. Sowat 20 tot 90 m onder die oppervlak is egter 'n struktuur met 'n deursnee van omtrent 38 km.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Slagkraters