Die USS Franklin (CV/CVA/CVS-13, AVT-8), ook bekend as "Big Ben", was een van 24 Essex-klas vliegdekskepe wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog vir die Amerikaanse Vloot gebou is. Dit is ook die vyfde skip van die Amerikaanse Vloot wat die naam gedra het. Die skip is in Januarie 1944 in diens gestel en het aan verskeie operasies in die Stille Oseaan deelgeneem. Daar is vier Battle Stars aan die skip toegeken. Die Franklin is ernstig deur 'n Japannese lugaanval beskadig in Maart 1945 en het 800 van sy bemanning verloor gedurende die aanval. Daarmee het die skip ook die titel verdien as die mees beskadigde skip wat die oorlog oorleef het.Friedman, p. 232 Rolprentmateriaal van die werklike aanval is in die 1949-rolprent Task Force, waarin die akteur Gary Cooper verskyn het, gebruik.
Ná die aanval het die Franklin na Amerika teruggekeer vir herstelwerk, maar het nie weer 'n rol in die Tweede Wêreldoorlog gespeel nie. Die skip is uit diens onttrek in 1947. Terwyl die skip in die Reserwevloot opgeneem was, is dit eers geklassifiseer as 'n aanvalsvliegdekskip (CVA), later as teenduikbootvliegdekskip (CVS) en later as 'n vliegtuigvervoerskip (AVT). Die skip is egter nooit gemoderniseer nie en het nooit weer aktiewe diens gedoen nie. Die USS Franklin en USS Bunker Hill (albei beskadig deur kamikaze-aanvalle) was die enigste twee Essex-klas vliegdekskepe wat nie weer diens gedoen het na die Tweede Wêreldoorlog nie.Friedman, p. 156 Die skip is in 1966 as skroot verkoop.
Konstruksie en indiensstelling duimnael|links|Die pas-indiensgestelde Franklin verlaat Norfolk in Februarie 1944 Die kiel van die skip is op 7 Desember 1942 in Shipway 11 gelê, op die eerste herdenking van die Aanval op Pearl Harbor. Die skip is op 14 Oktober 1943 te water gelaat deur die Newport News Shipbuilding Company, met die plegtigheid bygewoon deur die beskermpersoon, luitenant-kommandeur Mildred H. McAfee, 'n Amerikaanse vlootoffisier wat die Direkteur van Women Accepted for Volunteer Emergency Service (WAVES) was. Die skip is genoem na Benjamin Franklin, een van die grondleggers van die Verenigde State van Amerika en ter ere van die vorige oorlogskepe wat ook na hom vernoem is. Dit is nie volgens berigte na die Slag van Franklin, Tennessee, wat gedurende die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog plaasgevind het, genoem nie.U.S. Naval Historical CenterDie nedersetting Franklin, Tennessee was egter genoem na Benjamin Franklin volgens die boek The Franklin Comes Home wat moontlik indirek veroorsaak het dat persepsie ontstaan het dat die skip na die nedersetting genoem is.
Die skip is in diens gestel op 31 Desember 1944 met kaptein James M. Shoemaker as die bevelvoerder. 'n Deel van die eerste bemanning was ook 'n paar professionele musikante, insluitend Saxie Dowell en Deane Kincaide, wat deur middel van 'n lotingstelsel aan die Franklin toegewys is.
Diensrekord
Tweede Wêreldoorlog Na indiensstelling het die skip na Trinidad gevaar as 'n proefvaart en het net daarna na San Diego vertrek saam met Taakgroep 27.7 waar daar begin is met intensiewe opleiding; wat veral op gevegsvaardighede gefokus het. Gedurende Junie het die skip na die Eniwetok-eiland via Pearl Harbor gevaar waar dit by Taakgroep 58.2 aangesluit het. Franklin het gedien as die vlagskip vir skoutadmiraal Ralph E. Davison vir die meeste van die Franklin se ontplooing in die westelike Stille Oseaan.
Bonin en die Mariana-eiland Op 30 Junie 1944 het vliegtuie van die Franklin aanvalle op die Bonineilande uitgevoer as deel van die inval van die Mariana-eilande. Die vliegtuie het Japannese vliegtuie op die grond en in die lug vernietig, asook artilleriestellings, vliegvelde en het vyandelike skepe aangeval. Op 4 Julie is aanvalle geloods teen Iwo Jima, Chichijima en Haha Jima-eilande; teikens op die grond is verwoes, 'n groot vragskip is gekelder in die hawe en drie kleiner skepe is vernietig nadat brande op hulle uitgebreek het.
Op 6 Julie het die Franklin se vliegtuie aanvalle op Guam en Rota-eilande uitgevoer as deel van die sagmaakproses vir die invalle wat vir Guam beplan is. Die aanvalle het aangehou tot 21 Julie toe die skip direkte ondersteuning aan die inval van Gaum verskaf het. Na twee dae by Saipan, waar proviand aanboord geneem is, het die skip saam met Taakmag 58 (TF 58) gevaar en fotografiese verkenning gedoen en ook lugaanvalle op die Palau-eilande gedoen. Op 25 en 26 Julie het sy vliegtuie vyandelike vliegtuie, skepe en grondinstallasies verwoes. Die skip het die gebied verlaat en na Saipan gevaar en die volgende dag by Taakmag 58.1 aangesluit.
Die onstuimige see het die Franklin verhoed om bomme en vuurpyle aanboord te neem, tog het die skip na Bonin-eiland gevaar vir nog 'n aanval. Op 4 Augustus het vegvliegtuie van die skip vyandige vegvliegtuie en sy bomwerpers en torpedobomwerpers 'n konvooi skepe aangeval, noord van Ototo Jima. Teikens wat vernietig is, was radiostasies, 'n seevliegtuigbasis, vliegvelde en skepe.
Die Franklin het van 9–28 Augustus instandhouding ondergaan en rus vir die bemanning by Eniwetok voor dit saam met USS Enterprise, USS Belleau Wood en USS San Jacinto na die Bonin-eilande gevaar het om sekere teikens te neutraliseer asook om afleidings aanvalle uit te voer. Vanaf 31 Augustus tot 2 September het aanvalle deur Franklin se vliegtuie teikens op die grond verwoes, twee vragskepe gesink, vyandige vliegtuie in vlug vernietig en ook fotografiese verkenning gedoen.
Peleliu Op 4 September 1944 het die skip proviand aanboord geneem by Saipan en toe as deel van Taakgroep 38.1 na Yap-eiland gevaar. Die aanvalle het op 3-6 September plaasgevind wat ook lugdekking aan die inval van Peleliu ingesluit het op die 15de. Die Taakgroep het weer voorrade aanboord geneem van 21 tot 25 September. Franklin was nou die vlagskip van Taakgroep 38.4 en het teruggekeer na Palau waar daar daagliks patrollies uitgestuur is en snags nag-vegvliegtuie.
Leyte Vroeg op die oggend van 14 September 1944 het vliegtuie van die Franklin aanvalle geloods teen Aparri op Luzoneiland en daarna het die skip na die ooste van Luzon gevaar om militêre installasies daar te neutraliseer ter voorbereiding vir die inval van Leyte-eiland. Op 15 September is die skip aangeval deur drie vyandelike vliegtuie; een het daarin geslaag om die skip te tref met 'n bom. Die bom het die agterste hoek van die hysbak op die dek se kant getref en drie persone is dood en 22 gewond.
Franklin, as deel van Taakmag 38.4, vaar noordwes om deel te neem aan die Formosa luggevegte vanaf 12 tot 16 Oktober. Die doelwit was om verskeie Japannese lugmagbasisse te neutraliseer wat op daardie stadium die lugruim tussen die Filippyne en Okinawa beheer het. Die inval van Luzon kon eers plaasvind nadat die Japannese lugmag geneutraliseer is. Op 13 Oktober het die skip 'n Japannese bomwerper, 'n Betty, afgeskiet wat besig was met 'n kamikaze-aanval teen die Franklin. Die vliegtuig het 'n klein bietjie skade aan die dek aangerig maar gelukkig oor die dek gegly en aan die stuurboordkant afgeval. Na dit het die skip posisie ingeneem ter ondersteuning van die Inval van die Filippyne. Die Franklin se vliegtuie het Manilabaai op 19 Oktober aangeval en verskeie skepe en bote gekelder of beskadig. Dit het ook 'n drywende droogdok en elf Japannese vliegtuie vernietig.
Met die aanvanklike inval van Leyte op 20 Oktober het Franklin se vliegtuie omliggende vliegvelde aangeval en verskeie patrollievliegtuie uitgestuur in afwagting op 'n vyandelike mag wat hulle genader het. Op die oggend van 24 Oktober, tydens die Slag van die Sibuyansee, was die Franklin se vliegtuie deel van die aanvalle op die Japannese Magte, onder beheer van Viseadmiraal Takeo Kurita. Hulle het gehelp om die Japannese slagskip Musashi, suid van Luzon, te kelder, die slagskepe Fusō en Yamashiro te beskadig en ook die Japannese torpedojaer Wakaba te kelder. Daar was 'n oënskynlike bedreiging uit 'n ander rigting en die Franklin het saam met Taakgroepe 38.4, 38.3 en 38.2 vertrek om die Japannese vliegdekskipseemag die hoof te bied deur teen dagbreek aan te val. Die vyandelike mag was egter 'n opoffering en skynaanval omrede die Japannese teen daardie tyd min operasionele vliegtuie en 'n tekort aan opgeleide vlieëniers gehad het. Admiraal William Halsey het egter die aas gesluk en na die vyandelike seemag gevaar sonder om sy besluite aan sy kollegas te kommunikeer. Dit het gelei tot die berugte the world wonders kommunikasie debakel. Franklin en ander taakgroepe se vliegdekskepe het magte gekombineer en op 25 Oktober het die Slag van Kaap Engaño plaasgevind waar die Japannese vliegdekskip Chiyoda beskadig (die skip is later deur 'n Amerikaanse kruiser gesink) en ook die vliegdekskip Zuihō gekelder is.
Daarna is die skip uit die taakmag onttrek om brandstof in te neem, en het eers weer op 27 Oktober by Leyte aan aksie deelgeneem. Sy vliegtuie het 'n swaarkruiser en twee torpedojaers, suid van Mindoro, aangeval. Die skip was onderweg op 30 Oktober, ongeveer 160 km vanaf Samar, toe vyandige bomwerpers verskyn het wat op 'n selfmoordsending was. Die vloot se vliegtuie het die meeste van die bomwerpers neergeskiet, tog het ses deur die lug verdediging gedring binne die Franklin taakgroep van vir vliegdekskepe wat omring is deur ongeveer twintig kruisers en torpedojaers. Die lugafweer kanonne van die skepe het drie van die vier bomwerpers afgeskiet wat die vier vliegdekskepe geteiken het. Die bomwerper wat die Franklin in sy visier gehad het, het die vliegdek getref en tot in die galery dek deurgedring; 56 mans sterf en 60 word gewond. Die twee oorblywende Kamikaze-vliegtuie het aangeval, een was neergeskiet en die ander se bomme mis die Franklin maar vlieg in die agterstewe van die USS Belleau Wood vas.
Die Franklin se bemanning kon daarin slaag om alle vure te blus en die vliegdek tydelik te herstel sodat vliegtuie kon land, slegs 76 minute nadat die bom hom getref het.Beide vliegdekskepe het na die Ulithi-atol gegaan vir tydelike herstelwerk. Die Franklin het hierna na die Puget Sound-vlootwerf gevaar waar dit op 28 November 1944 vir herstelwerk gearriveer het. Op 7 November is die bevelvoerder, kaptein Shoemaker afgelos deur kaptein Leslie E. Gehres. Die bemanning het nie van Gehres gehou nie, hy was baie streng en outokraties.
Die Franklin het Bremerton op 2 Februarie verlaat vir opleiding en vlieënierkwalifikasie-oefeninge. Die skip het eers by Pearl Harbor aangedoen vir proviand en op 3 Maart 1945 weer vertrek om by Taakgroep 58.3 aan te sluit vir aanvalle op die Japannese tuisland ter ondersteuning van die inval van Okinawa. Aan boord van die Franklin was skoutadmiraal Ralph E. Davison, bevelvoeder van die Taakgroep, skoutadmiraal Gerald F. BoganO'Callahan, p. 22. op pad om bevel van die Vliegdekskip Divisie 4 oor te neem en kaptein Arnold J. Isbell, op pad om bevel van die USS Yorktown oor te neem. Op 15 Maart het die skip by Taakmag 58 aangesluit en drie dae later het die skip aanvalle en patrollies teen Kagoshima en Izumi op die suide van Kyūshū geloods.
19 Maart 1945 duimnael|USS Franklin besig om te brand nadat twee bomme dit getref het op 19 Maart 1945 duimnael|Franklin wat oorhel met die bemanning op die dek, 19 Maart 1945|links