Drosanthemum prostratum is 'n vetplant in die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Wes-Kaap voorkom. Die spesie word gevind in die Olifantsrivier-vallei en sy voorkoms kan moontlik tot by die Bidouwvallei en die Swartruggens strek. Dit is deel van die fynbos-bioom. Die plant is geïdentifiseer aan die hand van twee monsters wat weg van mekaar gevind is. Daar is baie min omtrent die spesie bekend.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
prostratum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika