Die heilige Gontram of Gunthram (circa 545 - Chalon-sur-Saône, 28 Maart 592) was die tweede seun van die Frankiese koning Chlotarius I en 'n broer van die konings Charibert I van Neustrië, Chilperic I van Soissons en Sigebert I van Austrasië. Gontram het in 561 koning van Orléans geword, en in 567 koning van Boergondië, Marseille en Arles.
Hy was met Mercatrudis getroud maar het later van haar geskei. Toe Mercatrudis siek geword het, het hy haar dokter doodgemaak. Hierna het hy hom tot Christendom bekeer. Hy was 'n bedrewe diplomaat en het die kerk ondersteun. Die deemoedige Gontram was geliefd deur sy volk, maar hy was ook verantwoordelik vir bloedige gewelddade.
Sy naamdag is op 28 Maart. Gontram is die patroonheilige van die uit eggeskeidenes, moordenaars en bewakers.
Kategorie:Frankiese konings Kategorie:Geboortes in 532 Kategorie:Mense in die 6de eeu Kategorie:Merovingiese Huis Kategorie:Sterftes in 593