regs|300px|duimnael|'n Kaart van die Sowjetunie.

Die Sosialistiese Sowjetrepublieke (SSR'e) (Russies: союзные республики, sojuznye respoebliki, "unierepublieke"), was die vyftien "konstituerende", in naam onafhanklike republieke van die Sowjetunie, formeel 'n federasie wat deur hulle gevorm is. In die Weste is egter gereeld gepraat van 'die Russe' of selfs 'Rusland' met betrekking tot die hele Sowjetunie, wat immers rigied beheer was uit die (Russiese) Sowjet-hoofstad Moskou.

Onderskei van die SSR'e was die outonome Sowjet Sosialistiese Republieke (OSSR'e) en die Outonome Streke (OS'e).

Geskiedenis In 1922 was die stigter Sowjetrepublieke die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek, die Oekraïense Sosialistiese Sowjetrepubliek, die Wit-Russiese Sosialistiese Sowjetrepubliek en die Transkaukasiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek, wat in 1936 in die SSR'e van Georgië, Armenië en Azerbeidjan ontbind is. Intussen het Turkmenistan en Oesbekistan reeds in 1925 aangesluit, Tadjikistan in 1929, Kazakstan en Kirgisië in 1936, telkens as SSR. In 1940 het Moldawië ook aangesluit (eintlik deur beslaglegging), behalwe vir die Roemeense deel van die Proet, met ander woorde, die historiese gebied van Bessarabië en die drie Baltiese state (Estland, Letland en Litaue).

In 1991 het die RSFSR, en kort daarna die ander SSR'e, as onafhanklike state ontstaan uit die dus ontbinde Sowjetunie, maar het die vinnigste die (los) Gemenebes van Onafhanklike State (GOS) gevorm.

duimnael|links|400px|Die voormalige Sowjetstate: 1. Armeense SSR, 2. Azerbeidjanse SSR, 3. Wit-Russiese SSR, 4. Estniese SSR, 5. Georgiese SSR, 6. Kazachstanse SSR, 7. Kirgisiese SSR, 8. Lettiese SSR, 9. Litause SSR, 10. Moldawiese SSR, 11. Russiese SFSR, 12. Tadjikistanse SSR, 13. Turkmeense SSR, 14. Oekraïense SSR, 15. Oezbekistanse SSR

Voormalige Sowjetrepublieke Huidige onafhanklike state30px Armeense Sosialistiese Sowjetrepubliek 30px Azerbeidjanse Sosialistiese Sowjetrepubliek 30px Estniese Sosialistiese Sowjetrepubliek 30px Georgiese Sosialistiese Sowjetrepubliek 30px Kazachstanse Sosialistiese Sowjetrepubliek 30px Kirgisiese Sosialistiese Sowjetrepubliek 30px Lettiese Sosialistiese Sowjetrepubliek 30px Litause Sosialistiese Sowjetrepubliek 30px Moldawiese Sosialistiese Sowjetrepubliek 30px Oekraïense Sosialistiese Sowjetrepubliek 30px Oezbekistanse Sosialistiese Sowjetrepubliek 30px Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek 30px Tadjikistanse Sosialistiese Sowjetrepubliek 30px Turkmeense Sosialistiese Sowjetrepubliek 30px Wit-Russiese Sosialistiese Sowjetrepubliek Armenië Azerbeidjan Estland Georgië Kasakstan Kirgisië Letland Litaue Moldowa Oekraïne Oesbekistan Rusland Tadjikistan Turkmenistan Wit-Rusland

duimnael|400px|Grensveranderinge ná die einde van die Koue Oorlog

Voormalige republieke 30px Transkaukasiese SFSR 1922 → 1936 30px Kareliese SSR 1940 → 1956 30px Abchasiese SSR 1921 → 1931

Eksterne skakel World Statesmen - Russia

Notas