Drosanthemum hispifolium is 'n vetplant in die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is en van Clanwilliam tot by Koeberg in die Wes-Kaap voorkom.
Die spesie het 'n voorkomsgebied van 14 400 km² en daar is tans net agt subpopulasies oor. Dit is deel van die fynbos- en renosterveld-biome. Die plant het baie van sy habitat aan gewasverbouing in die Olifantsriviervallei en Swartland afgestaan. Dit word steeds bedreig deur ontwikkeling, indringerplante en verdere landbou aktiwiteite.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
hispifolium Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika