Die 2020-Drienasiesreeks was die 24ste jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Vanweë die werêldwye Covid-19-pandemie het Suid-Afrika dié keer nie aan die toernooi deelgeneem nie, waarvolgens dit na die Drienasiesreeks teruggekeer het. Die toernooi word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Wallabies en die All Blacks.
Nieu-Seeland het die toernooi vir die 17de keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm, terwyl Australië met die Poematrofee weggestap het.
Formaat Die formaat vir die 2020-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige Drienasiesreekse. Elke span het drie keer tuis gespeel, en drie keer weg, met ’n totaal van ses wedstryde elk, en nege in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste drie drieë meer as die teenstander in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 4 2 0 2 118 54 +64 2 112 4 1 2 1 56 84 –28 0 83 4 1 2 1 60 96 –36 0 8
Wedstryddatums DatumDatumWeek 131 OktoberWeek 421 NovemberWeek 27 NovemberWeek 528 NovemberWeek 314 NovemberWeek 65 Desember
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5
Week 6
Drienasiesreekskampioen 2020
Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Nicolás Sánchez 43 2 Richie Mo’unga 41 3 Reece Hodge 40 4 Jordie Barrett 12 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Richie Mo’unga 2 Rieko Ioane Dane Coles Will Jordan
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels 2020-Drienasiesreeks op ESPNscrum
Kategorie:Drienasies Kategorie:Sport in 2020