Palaja is 'n commune in die Aude département in suidwes Frankryk. Die dorpie het meer as 2000 inwoners en is teen die voetheuwels van die Corbières sowat 4 kilometer van die Cité de Carcassonne geleë.Ville de Palaja , besoek op 26 Julie 2008
Sedert Januarie 2002 vorm dit deel van die Communauté d'agglomération du Carcassonais. Die dorpie is 148 m bo seespieël met die hoogste punt in die commune "Montahut" (324 m), tussen Montrafet en die Estanave ruïnes. Die commune se oppervlak bedra 1505 hektaar wat verdeel word in wingerde, velde, woude en beboude gebiede.
11 écarts (gehuggies) in die commune is bewoon: Cazaban, Palajanel, Le Bordeur, Ste Hélène, Bazalac, Montgrand, Cassagnac, Montrafet, La Sauzette, Gondal en Rhode.
Geografie duimnael|center|300px
Demografie 1946 1954 1962 1968 1975 1982 1990 1999 2006 2010 250 281 288 269 585 1017 1503 1851 2128 2135
Verwysings
Kategorie:Munisipaliteite in Aude