Warna (Bulgaars: Варна, tussen 1949 en 1956 Stalin) is die derde grootste stad van Bulgarye na Sofia en Plowdif en die grootste Bulgaarse nedersetting en toeristestad aan die Swartsee. Die bevolking was 330 486 volgens die sensus van 2010.

Warna is met sy lughawe die belangrikste vervoerknooppunt in Noordoos-Bulgarye en beskik daarnaas oor die land se tweede grootste seehawe in Dewnja. Veerbote verbind Warna met Odessa in die Oekraïne en Istanboel in Turkye. Die stad was die eerste terminus van die befaamde Oriënt-eksprestrein.

Besienswaardigehede Rusplek van die Teotokos Katedraal Sint Nikolakerk Argeologiese Museum Etnografiese Museum Nasionale Revival Museum Marine Museum Geskiedenis van die Geneeskunde Museum Kunsgeskiedenis Museum Varna Museum van Moderne Geskiedenis Primorski Park Pantheon Akwarium Dolfinarium Planetarium Dieretuin Opera Romeinse Baddens (Latyn: thermae)

Susterstede Dordrecht (Nederland), sedert 2001 Turku (Finland), sedert 1963

Fotogalery

Kategorie:Nedersettings in Bulgarye Kategorie:Nedersettings langs die Swartsee