Die 2022-Rugbykampioenskapsreeks was die tiende jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks. Die toernooi keer terug om in alle mededingende lande aangebied te word, nadat reisbeperkings in 2020–21 weens COVID-19 die toernooi belemmer het.
Die toernooi is egter vir die eerste keer herstruktureer sedert Argentinië by die kompetisie aangesluit het, met elke span wat hul wedstryde tuis en weg gespeel het. Elke land het drie wedstryde aangebied, maar nie eweredig oor hul mededingende nasies nie. Argentinië was twee keer gasheer vir Australië en Suid-Afrika een keer; Australië het Suid-Afrika twee keer gehuisves en Nieu-Seeland een keer; Nieu-Seeland was twee keer gasheer vir Argentinië en Australië een keer; en Suid-Afrika was twee keer gasheer vir Nieu-Seeland en Argentinië een keer.
Nieu-Seeland het die toernooi vir die 19de keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.
Formaat Die formaat vir die 2022-toernooi was soortgelyk aan dié van vorige jare. Elke span het ’n totaal van ses wedstryde elk gespeel, en twaalf in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste drie drieë meer as die teenstander in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 6 4 0 2 195 128 +67 3 192 6 4 0 2 164 119 +45 2 183 6 2 0 4 142 194 –52 2 104 6 2 0 4 143 203 –60 1 9
Wedstryddatums DatumDatumWeek 16 AugustusWeek 43 SeptemberWeek 213 AugustusWeek 515 September17 SeptemberWeek 327 AugustusWeek 624 September
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5
Week 6
Rugbykampioenskapreekskampioen 2022
Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Emiliano Boffelli 71 Richie Mo’unga 3 Handré Pollard 32 4 Samisoni Taukei’aho 25 5 Juan Martín González 20 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Samisoni Taukei’aho 5 2 Juan Martín González 4 3 Fraser McReight 3
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Die Rugbykampioenskap Kategorie:Sport in 2022