GrysKrag (GreyPower) is 'n organisasie sonder winsoogmerk vir ouer persone in Suid-Afrika. Dit is in 1995 gestig en word deur 'n direksie bestuur. Die organisasie se leuse is: "Met ons vaardighede en ondervinding verenig ons en help ons die toekoms bou."

Doelstellings GrysKrag strewe die volgende doelstelling na:

Verskaf toepaslike inligting op allerlei maniere aan persone ouer as 50

Help aktiewe veroudering bevorder

Onderneem projekte ten bate van seniors

Doen navorsing oor seniors se behoeftes en

Verteenwoordig seniors teenoor owerheidsinstansies in sake wat hulle raak

Aktiwiteite GrysKrag bedryf aktiwiteite and projekte soos:

Maandelikse "Bring-en-Vertel"-geleenthede vir lede in Pretoria oor 'n wye reeks onderwerpe soos aftree-behuising, gesondheid, kultuursake, sport- en ontspanning, wêreldgebeure, ens

Elektroniese kwartaallikse GrysKrag Nuusbrief

Kursus in tuisverpleging en noodhulptassie in samewerking met die Suid-Afrikaanse Noodhulpliga

Afslag op intekening op die PLUS 50-tydskrif

Kleuters/oumas- en oupas-projekte

Familiestambome en familiegeskiedenisse (genealogie)

Lede-voordele in samewerking met verskeie rolspelers oa beleggingsadvies, groepbegrafnisversekeringspolis, goedkoper gehoordienste, spesiale tariewe vir korttermynversekering, testamentêre advies en laer as normale boedelbelasting by 'n sakevennoot

 Wegbreek-uitstappies soos kuierweke vir seniors

 Verleen inligting/hulp met gemeentes en oorde se seniorbyeenkomste deur skakeling en samewerking met gasheer, wat 'n spreker oor 'n interessante onderwerp of 'n gaskunstenaar kan insluit. Avbob is soms 'n vennoot in die verband.

Bron www.gryskrag.co.za

Kategorie:Organisasies sonder winsoogmerk