Jasper van der Westhuizen Wiese (gebore 21 Oktober 1995 in Upington) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir Leicester Tigers in Engeland se Premierliga speel. Hy het voorheen vir die Cheetahs in die Pro14 gespeel, die Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker en die Vrystaat XV in die Rugby-uitdaagreeks. Hy kan op agsteman of flank speel.

Wiese het sy debuut vir die Springbokke in Julie 2021 as 'n plaasvervanger teen Georgië gemaak. Hy was 'n Premierliga Rugbykampioen in 2022, het 'n drie in die eindstryd gedruk in Leicester se 15-12 oorwinning oor Saracens en is as die Speler van die Wedstryd aangewys. Hy was ook deel van Suid-Afrika se wenspan tydens die Rugbywêreldbeker 2023.

Verwysings

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1995 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers