duimnael|Sihle Zikalala, premier van 2019 tot 2022 Die premier van KwaZulu-Natal is die regeringshoof van die KwaZulu-Natalse provinsie van Suid-Afrika. Die huidige premier van KwaZulu-Natal is Nomusa Dube-Ncube, 'n lid van die African National Congress, wat Sihle Zikalala opgevolg het wat as premier bedank het. Sy het haar amp op 10 Augustus 2022 aanvaar.

Funksies Ingevolge die grondwet word die uitvoerende gesag van 'n provinsie aan die Premier toevertrou. Die Premier kondig 'n Uitvoerende Raad aan bestaande uit tien lede van die provinsiale wetgewer; hulle word lede van die Uitvoerende Raad (LUR'e) genoem. Die LUR'e is basies ministers en die Uitvoerende Raad 'n kabinet op provinsiale vlak. Die Premier het die gesag om LUR'e na sy/haar eie diskresie aan te stel en af te dank.

Die Premier en die Uitvoerende Raad is verantwoordelik vir die implementering van provinsiale wetgewing, tesame met enige nasionale wetgewing wat aan die provinsie toegeken is. Hulle stel provinsiale beleid op en bestuur die departemente van die provinsiale regering; hul optrede is onderhewig aan die nasionale grondwet.

Vir 'n wetsontwerp van die provinsiale wetgewer om aanvaar te word, moet die Premier dit onderteken. Indien hy/sy meen dat die wet ongrondwetlik is, kan hy dit terugverwys na die wetgewer vir heroorweging. Indien die Premier en die wetgewer nie saamstem nie, moet die wet na die Konstitusionele Hof verwys word vir finale oorweging.

Die Premier is ook ex officio 'n lid van die Nasionale Raad van Provinsies, die hoërhuis van die Parlement, as een van die spesiale afgevaardigdes van die provinsie.

Lys van vorige premiers No.NaamAangestelBedank posParty1Inkatha Freedom Party2(waarnemend tot 19 Maart)Inkatha Freedom Party3Inkatha Freedom Party4African National Congress5African National Congress6African National Congress 7African National Congress 8African National Congress910 Augustus 202214 Junie 2024 African National Congress1014 Junie 2024bekleër Inkatha-Vryheidsparty

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Kategorie:KwaZulu-Natal