Barry Johann Ronge (1948 - 3 Julie 2022) was ‘n Suid-Afrikaanse joernalis, rubriekskrywer, skrywer, omroeper, filmresensent en humoris. Hy was een van die land se bekendste filmresensente sowel as een van sy mees gelese (en bespreekte) rubriekskrywers.
Ronge is in Hillbrow, Johannesburg, gebore en het aan die Wes-Rand grootgeword waar hy by die Hoërskool Florida Park op skool was. Hy het sy studies aan die Universiteit van die Witwatersrand voltooi, waarna hy 'n onderwysloopbaan aan die St. John's Kollege begin het, gevolg deur 'n tien jaar lange diens as 'n dosent in letterkunde aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy het later gaan werk in die gedrukte en elektroniese media en 'n joernalis geword wat in die kunste spesialiseer.
Ronge is veral bekend vir sy Spit and Polish rubriek in die Sunday Times, sy fliekresensies vir dieselfde koerant en sy Sondagaandprogram op Radio 702. Nadat hy 27 jaar lank vir die Sunday Times geskryf het, het is sy laaste rubriek op 23 Februarie 2014 gepubliseer. In 2015 het die Sunday Times sy prys vir Suid-Afrikaanse letterkunde herdoop na die Barry Ronge-fiksieprys.
Hy sterf op 3 Julie 2022 in sy tuisstad Johannesburg.
Boeke Spit 'n Polish, 2006, Penguin Books SA,
Toekennings Thomas Pringle Award for Reviews, English Academy of South Africa, 2005
Barry Ronge Fiction Prize longlist.
Verwysings
Eksterne skakels Barry Ronge se bladsy by die Sunday Times Barry Ronge se bladsy by 702
Kategorie:Suid-Afrikaanse omroepers Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Sterftes in 2022