duimnael|280px|Woestynolifante in die Huabrivier Die Huabrivier is 'n niestandhoudende rivier in die Kunene-streek in die noordweste van Namibië. Sy bron is suidoos van Kamanjab, vanwaar dit weswaarts deur Mopanie-savanne vloei totdat dit die Skedelkus en die Atlantiese Oseaan bereik.

Sytakke van die Huab Klein-Omarururivier Soutrivier Aba-Huab, Ongwati en Klipriviere. Die Huab se opvanggebied (insluitend sy sytakke) word geskat op tussen 14 800 en 16 465 km2, en sluit die dorp Khorixas sowel as die nedersettings Kamanjab, Fransfontein en Anker in. Die Twyfelfontein-wêrelderfenisgebied is op die oewer van die Aba Huab geleë.

Natuurskoon Die natuurskoon is merkwaardig gevarieerd en dramaties: kameeldoring-, mopanie- en anabome langs die kante van die rivierbedding, groot sandvalleie is besaai met reusagtige rotsblokke en klipperige heuwels, rooirotsberge spits die horison en massiewe sandduine besaai met swart vulkaniese rotse laat die olifante wat onder hulle loop, klein lyk.

Die Huab is welbekend vir sy woestynolifantbevolking wat boerdery-aktiwiteite in gevaar stel, maar ook 'n potensiële toeriste-aantreklikheid is.

Verwysings

Kategorie:Riviere in Namibië Kategorie:Koördinate op Wikidata