Die 1963 Suid-Afrikaanse Grand Prix (amptelik die 10de Internasionale RAC Grand Prix van Suid-Afrika), was 'n Formule Een-motorren wat op 28 Desember 1963 op die Prins George-renbaan in Oos-Londen, Suid-Afrika gehou is. Dit was die tiende en laaste wedren in beide die 1963 Wêreldkampioenskap van Bestuurders en die 1963 Internasionale Beker vir Formule Een-vervaardigers.
Die wedren oor 85 rondtes is deur Jim Clark in 'n fabrieks-Lotus-Climax gewen, nadat hy vanuit die voorste posisie weggespring het. Die Skotse jaer het daarmee sy sewende oorwinning in die 1963-kampioenskap behaal. Dan Gurney het tweede geëindig in 'n Brabham-Climax, terwyl Graham Hill derde in 'n BRM was. Dit sou die laaste Formule Een-ren in Desember wees tot die 2019 Aboe Dhabi Grand Prix.
Klassifikasie Pos No Renjaer Vervaardiger Rondtes Tyd/uitgeval Rooster Punte 1 5 Jim Clark Lotus-Climax 85 2:10:36.9 1 9 2 9 Dan Gurney Brabham-Climax 85 + 1:06.8 3 6 3 5 Graham Hill BRM 84 + 1 Ronde 6 4 4 10 Bruce McLaren Cooper-Climax 84 + 1 Ronde 9 3 5 4 Lorenzo Bandini Ferrari 84 + 1 Ronde 5 2 6 12 Jo Bonnier Cooper-Climax 83 + 2 Rondes 11 1 7 11 Tony Maggs Cooper-Climax 82 + 3 Rondes 10 8 2 Trevor Taylor Lotus-Climax 81 + 4 Rondes 8 9 9 John Love Cooper-Climax 80 + 5 Rondes 13 10 14 Carel Godin de Beaufort Porsche 79 + 6 Rondes 20 11 16 Doug Serrurier LDS-Alfa Romeo 78 + 7 Rondes 18 12 23 Trevor Blokdyk Cooper-Maserati 77 + 8 Rondes 19 13 8 Jack Brabham Brabham-Climax 70 Ongeluk/tol 2 14 21 Brausch Niemann Lotus-Ford 66 + 19 Rondes 15 NF 18 Peter de Klerk Alfa Romeo 53 Ratkas 16 NF 22 David Prophet Brabham-Climax 49 Oliedruk 14 NF 3 John Surtees Ferrari 43 Enjin 4 NF 6 Richie Ginther BRM 43 Aandrywing 7 NF 7 Ernie Pieterse Lotus-Climax 3 Enjin 12 NF 20 Sam Tingle LDS-Alfa Romeo 2 Aandrywing 17 NS 15 Paddy Driver Lotus-BRM Oefenongeluk WD 17 Neville Lederle Lotus-Climax Jaer beseer WD Mike Hailwood Lola-Climax
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse Grand Prix Kategorie:Oos-Londen