Aloe longibracteata is 'n aalwyn 'n aalwyn wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is endemies in Limpopo en Mpumalanga en word gegroepeer as deel van die bontaalwyne. Dit kom in die Middelburg-omgewing voor, ooswaarts tot by Lydenburg en noordwaarts tot by Polokwane en Tzaneen. Die plant groei op hoogtes bo seevlak tussen 1300 m en 1 800 m. Dit blom van Julie tot Augustus. Die naam longibracteata verwys na die lang blomskutblare van die spesie.
Daar is voorgestel dat die spesie met A. greatheadi en A. davyana gekombineer moet word.
Sien ook Lys van aalwynspesies
Bronnelys Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika, Ben-Erik van Wyk & Gideon F. Smith, Briza Publikasies, 2014, Plants of the World Online
longibracteata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika