Erik Refilsson was volgens Noorse sagas 'n legendariese Sweedse koning van die Huis van Munsö. Hy sou in die 9de eeu gelewe het. Een van die min Skandinawiese bronne wat bewaar gebly het waarin Sweedse konings van dié tyd behandel word, is Hervarar saga. Dit kom uit die 12de of 13de eeu en word dus nie as 'n betroubare historiese bron van die 9de eeu beskou nie.

Volgens die Hervarar saga "het Erik die seun van Refil die koninkryk se troon bestyg. Hy was 'n goeie vegter en baie magtige koning. Die seuns van [sy oom] Erik Björnsson was Önund van Upsala en koning Björn. Toe is die Sweedse Ryk weer tussen broers verdeel.""Hervarar saga ok Heiðreks", Guðni Jónsson en Bjarni Vilhjálmsson se weergawe by Norrøne Tekster og Kvad. Engelse vertaling deur N. Kershaw: "The Saga of Hervör and Heithrek" in Stories and Ballads of the Far Past, vertaal uit Noors, Yslands en Faroëes. Cambridge University Press, 1921.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Legendariese Sweedse monarge