Brunsvigia radula is 'n geofiet wat tot die Amaryllidaceae familie hoort. Die spesie is endemies in die Wes-Kaap en kom op die Knersvlakte voor waar dit deel van die vygieveld is. Dit het 'n klein voorkomsgebied van 64 km² en daar is vyf subpopulasies. Die plant word bedreig deur prospektering, mynbou aktiwiteite en versameling deur hortoliste.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Brunsvigia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika