Sölve was 'n seekoning wat Swede verower het deur die land te plunder en sy koning, Eystein, in sy huis dood te brand.

Sölve was van Jutland (volgens Historia Norvegiæ was hy egter 'n Gaut). Hy het in Swede aangekom terwyl Eystein 'n fees bygewoon het. Sölve en sy manne het die huis omsingel en aan die brand gesteek. Almal is in die brand dood.Ekrem, Inger (red.), Lars Boje Mortensen (red.) en Peter Fisher (vert.) (2003). Historia Norwegie. Museum Tusculanum Press. , p. 79.

Sölve het die Swede toe opdrag gegee om hom as koning te aanvaar. Die Swede het geweier en 'n leër bymekaargemaak om teen hom te veg, maar Sölve en sy manne het hulle verslaan. Hulle moes hom toe as koning aanvaar, totdat hulle in opstand gekom en hom vermoor het.The Ynflinga saga, or the story of the Yngling family from Odin tot Halfdan the Black. By https://www.sacred-texts.com. Besoek op 9 Junie 2022. Hy is deur Eystein se seun Ingvar opgevolg.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Legendariese Sweedse monarge