Adils, Aðils of Eadgils was in die Noorse sagas 'n legendariese koning van Swede se Huis van Yngling. Hy het glo in die 6de eeu gelewe.Birger Nerman. Det svenska rikets uppkomst (1925) (in Sweeds).Elisabeth Klingmark's Gamla Uppsala, Svenska kulturminnen 59, Riksantikvarieämbetet (in Sweeds)this English language presentation by the Swedish National Heritage Board

Volgens Beowulf en Oudnoorse bronne was hy die seun van Ohthere (Ottar) en het hy tot die Huis van Yngling (of Scylfing) behoort. Drie bronne behandel ook sy oorlog teen sy oom Onela, wat hy met buitelandse hulp gewen het: in Beowulf met die hulp van die Gaute en in Skáldskaparmál en Skjöldunga saga met Deense hulp. Die Skandinawiese bronne behandel egter hoofsaaklik sy interaksies met die legendariese Deense koning Hrólfr Kraki (Hroðulf), en Adil word meestal in 'n negatiewe lig uitgebeeld as 'n ryk en gierige koning. Volgens Snorri Sturluson, wat baie van die Skandinawiese tradisies gedokumenteer het, het die Swede hom 'n "goeie koning" genoem.

In Ynglingatal, moontlik uit die 9de eeu,Hägerdal, Hans: Ynglingatal. Nya perspektiv på en kanske gammal text word gesê Aðils is die opvolger van Óttarr (Ottar) en die voorganger van Eystein. Die stansa oor Aðils verwys ook na sy dood toe hy per ongeluk van sy perd afgeval het.The Ynglinga saga in Old NorseLaing se vertaling

Verwysings

Skakels

Kategorie:Legendariese Sweedse monarge