Brand-se-Bergpas is ‘n bergoorgang aan die noordwestelike punt van die Nardouwsberg in die Wes-Kaap van Suid-Afrika.

Hierdie pas is by die koördinate op die Brand-se-Bergpad. Dit is suidoos van Klawer en 40 km noord van Clanwilliam.

Die grondpad bereik in die pas ‘n hoogte van 347 m bo seespieël en ‘n maksimum steilte van 1:8.

Lees ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika

Bibliografie Slingsby, Peter: Cederberg -The touring map. www.slingsbymaps.com, 2022,  Brand-se-Bergpas op www.mountainpassessouthafrica.co.za

Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap