Camilla (op 17 Julie 1947 gebore as Camilla Rosemary Shand en later bekend as Camilla Parker Bowles) is koningin van die Verenigde Koninkryk en 14 ander lande van die Statebond as die vrou van koning Charles III. Sy het op 8 September 2022 die koningin-gemalin geword toe haar man koning word ná die dood van sy moeder, koningin Elizabeth II. Sy is op Charles se kroning op 6 Mei 2023 as koningin Camilla gekroon.

Camilla het in Oos-Sussex en Suid-Kensington in Engeland grootgeword en het haar opvoeding in Engeland, Switserland en Frankryk ontvang. Sy het in 1973 met die Britse weermagoffisier Andrew Parker Bowles getrou en hulle het twee kinders. Hulle is in 1995 geskei. Camilla was nou en dan romanties by prins Charles betrokke voor en tydens elk van hul eerste huwelike. Hulle verhouding het baie aandag in die internasionale pers ontvang. In 2005 is Camilla met prins Charles getroud in die Windsor Guildhall, en dit is gevolg deur 'n Anglikaanse kerkdiens in die St. George-kapel in Windsor-kasteel.

As die voormalige Hertogin van Cornwall het Camilla openbare verpligtinge nagekom, dikwels saam met haar man. Sy is ook die beskermpersoon, president of lid van verskeie welsyn- en ander organisasies. Sedert 1994 het Camilla 'n veldtog gevoer om mense bewus te maak van osteoporose, waarvoor sy verskeie toekennings ontvang het. Sy het ook bewustheid geskep vir sake soos verkragting, seksuele misbruik, geletterdheid, dierewelsyn en armoede.

Vroeë lewe en opvoeding Camilla Rosemary Shand is op 17 Julie 1947 in Londen gebore. Haar gesin het hulle tyd verdeel tussen hulle plattelandse huis in Plumpton, Oos-Sussex, en hulle stadshuis in South Kensington. Haar pa, majoor Bruce Shand van die Britse weermag, het later 'n sakeman geword. Haar ma was Rosalind Shand, dogter van Roland Cubitt, 3de baron Ashcombe. Een van haar oumagrootjies, Alice Keppel, was van 1898 tot 1910 'n minnares van koning Edward VII.

Shand het in haar kinderjare 'n geesdriftige leser geword danksy die invloed van haar vader, wat dikwels vir haar voorgelees het. Sy het met honde en katte grootgeword en het op 'n jong ouderdom leer perdry. Volgens haar was haar kinderjare "in elke opsig volmaak".

Toe sy vyf jaar oud was, is Shand na die skool Dumbrells op die dorp Ditchling gestuur. Van 10-jarige ouderdom af was sy 'n leerder by die Queen's Gate School naby die gesin se Londense huis. Een van haar onderwysers, die skrywer Penelope Fitzgerald, wat Frans onderrig het, onthou haar as "slim en lewendig". Van 16-jarige ouderdom af het sy die afrondingskool Mon Fertile in Tolochenaz, Switserland, bygewoon. Daarna het sy ses maande lank Frans en Franse letterkunde in Parys studeer.

Nadat Shand die huis verlaat het, het sy in Kensington en Belgravia 'n blyplek met ander vroue gedeel. Sy het as 'n sekretaresse en ontvangsdame gewerk. Shand het aanhou perdry en het ook geskilder, gehengel en tuinbou beoefen.

Huwelike en kinders Eerste huwelik In die laat 1960's het Shand vir Andrew Parker Bowles (toe 'n luitenant in die weermag) ontmoet deur haar jonger broer, Simon, wat vir haar vader se wynmaatskappy in Mayfair gewerk het. Ná 'n aan-en-af-verhouding van 'n paar jaar is hulle verlowing in 1973 in The Times aangekondig. Sally Bedell Smith beweer die aankondiging is sonder die paartjie se medewete deur hulle ouers gedoen, wat Parker Bowles gedwing het om Shand om haar hand te vra. Hulle is op 4 Julie 1973 in Londen getroud. Shand was 25 jaar oud en Parker Bowles 33. Dit is beskou as die "hoëklastroue van die jaar", met 800 gaste. Gaste teenwoordig sluit in prinses Anne, prinses Margaret en die koninginmoeder.

thumb|220px|Bolehyde Manor in Allington, Wiltshire. Die paartjie het Bolehyde Manor in Allington gekoop en later Middlewick House in Corsham. Hulle het twee kinders gehad: Tom (gebore 18 Desember 1974), wat 'n peetkind van koning Charles III is, en Laura (gebore 1 Januarie 1978). Albei kinders is in hulle pa se Katolieke geloof grootgemaak; Camilla het Anglikaans gebly.

In Desember 1994, ná 'n huwelik van 21 jaar, het die Parker Bowleses 'n skeisaak aanhangig gemaak op grond daarvan dat hulle al jare lank apart woon. In Julie dié jaar is Camilla se moeder aan osteoporose oorlede, en haar vader het dit later as 'n "moeilike tyd vir haar" beskryf. Die skeisaak is op 3 Maart 1995 afgehandel. Andrew is 'n jaar later getroud met Rosemary Pitman (wat in 2010 oorlede is).

Verhouding met Charles Camilla Shand het prins Charles na berig word in die middel van 1971 ontmoet. Andrew Parker Bowles het sy verhouding met Shand in 1970 beëindig en het gevry na prinses Anne, Charles se suster. Hoewel Shand en Charles tot dieselfde sosiale kring behoort en soms dieselfde geleenthede bygewoon het, het hulle mekaar nie amptelik ontmoet nie. Hulle biograaf Brandreth beweer hulle het mekaar nie die eerste keer by 'n polowedstryd ontmoet, soos algemeen geglo word, nie.Mayer, p. 98 Hulle het mekaar glo die eerste keer ontmoet in die huis van haar vriendin Lucía Santa Cruz, wat hulle amptelik aan mekaar voorgestel het.; Mayer, pp. 97–98 Hulle het goeie vriende geword en eindelik 'n romantiese verhouding aangeknoop wat algemeen bekend was in hulle sosiale kring. Namate die verhouding ernstiger geword het, het Charles Shand se familie in Plumpton ontmoet en hy het haar aan sommige lede van sy familie voorgestel. Die verhouding is uitgestel nadat Charles oorsee gereis het vir militêre verpligtinge en is kort daarna beëindig.

Daar is verskillende verduidelikings oor hoekom die verhouding doodgeloop het. Robert Lacey het in sy boek Royal: Her Majesty Queen Elizabeth II van 2008 geskryf Charles het Shand te vroeg ontmoet en het haar nie gevra om vir hom te wag toe hy oorsee is nie.Lacey, p. 268 Sarah Bradford het in haar boek Diana van 2007 geskryf 'n lid van die nabye kring van sy grootoom lord Mountbatten het beweer Mountbatten het gereël dat Charles oorsee gaan om die verhouding met Shand te beëindig en voorsiening te maak vir 'n verlowing tussen Charles en sy kleindogter, Amanda Knatchbull. Sommige bronne beweer die koninginmoeder het nie Charles se verhouding met Shand goedgekeur nie, want sy wou hê hy moes trou met 'n Spencer-familielid, een van die kleindogters van haar goeie vriendin lady Fermoy. Ander bronne beweer Shand wou nie met Charles trou nie, maar met Andrew Parker Bowles, omdat hulle sedert die laat 1960's 'n verhouding gehad het, of dat Charles besluit het hy wil nie trou voor hy 30 jaar oud is nie.

Die meeste koninklike biograwe stem saam Charles sou nie toegelaat gewees het om met Shand te trou as hy toestemming gevra het nie. Volgens Charles se niggie en peetma Patricia Knatchbull het sommige paleisbeamptes destyds nie gedink Shand is die geskikte vrou vir Charles nie. In 2005 het sy gesê: "As 'n mens terugkyk, kan 'n mens sê Charles moes met Camilla getrou het toe hy die kans gehad het. Hulle het ideaal by mekaar gepas; ons weet dit nou. Maar dit was nie moontlik nie."[...] "Dit sou nie moontlik gewees het nie, nie toe nie."[...] Hulle het egter vriende gebly.

In Augustus 1979 is lord Mountbatten deur die IRL vermoor. Charles was bedroef en het sterk op Camilla Parker Bowles gesteun vir troos. In dié tyd het gerugte begin, onder goeie vriende en in pologemeenskappe, dat Charles en Camilla hulle intieme verhouding hervat het. 'n Bron na aan Parker Bowles het bevestig dat hulle teen 1980 weer minnaars was. Daar is ook bewerings deur koninklike personeel dat dit vroeër begin het. Parker Bowles se man, Andrew, het na berig word die verhouding goedgekeur,Kelley, p. 465 terwyl hy verskeie liefdesverhoudings deur hulle huwelik gehad het.Junor, Charles, p. 48; Charles het desnieteenstaande gou daarna 'n verhouding met lady Diana Spencer begin. Hulle is in 1981 getroud.

Die verhouding tussen Charles en Camilla het 'n dekade later algemene kennis in die pers geword met die publikasie van Diana: Her True Story in 1992, gevolg deur "Camillagate" (ook bekend as "Tampongate"), die bandopnameskandaal in 1993 toe 'n intieme telefoongesprek tussen Parker Bowles en Charles in die geheim opgeneem en die transkripsies in die geel pers gepubliseer is."The Camillagate Tapes" , 18 Desember 1989, telefoontranskripsie Die boek en bandopname het dadelik Charles se openbare beeld geskaad en die media het Parker Bowles swartgesmeer.

In 1994 het Charles eindelik oor sy verhouding met Parker Bowles gepraat in die onderhoud Charles: The Private Man, the Public Role met Jonathan Dimbleby. Hy het in die onderhoud aan Dimbleby gesê: "Mev. Parker Bowles is 'n goeie vriendin van my... vir 'n lang tyd. Sy sal steeds vir 'n lang tyd 'n goeie vriendin bly." Hy het later in die onderhoud erken hulle het hulle vriendskap hervat nadat sy huwelik in 1986 "onherstelbaar skipbreuk gely het".Dimbleby, p. 395;

Beeldherstel Nadat Charles en Camilla albei geskei is, het Charles verklaar sy verhouding met Parker Bowles is "nieonderhandelbaar".; Hy was bewus daarvan dat die verhouding baie negatiewe publisiteit ontlok en het Mark Bolland, wat hy in 1995 aangestel het om sy eie beeld te verbeter, aangestel om Parker Bowles se openbare profiel te poets. Parker Bowles het per geleentheid Charles se nieamptelike metgesel op byeenkomste geword. In 1999 het hulle hulle eerste openbare optrede saam gemaak by die Ritz London Hotel, waar hulle die verjaardagpartytjie van Camilla se suster Annabel Elliot bygewoon het; sowat 200 fotograwe en verslaggewers van oor die wêreld was daar om hulle saam te sien. In 2000 het sy Charles na Skotland vergesel op 'n paar amptelike geleenthede en in 2001 het sy die president van die Britse Osteoporosevereniging geword, wat haar aan die publiek bekend gestel het.

Parker Bowles het later koningin Elizabeth II ontmoet vir die eerste keer sedert die verhouding rugbaar geword het. Dit was op die 60ste verjaardagpartytjie van die voormalige Konstantyn II van Griekeland in 2000. Dit is beskou as 'n oënskynlike stempel van goedkeuring van die koningin op Parker Bowles se verhouding met prins Charles.

Ná 'n reeks verskynings op openbare en private geleenthede het die koningin Parker Bowles na haar gouejubileumvierings in 2002 genooi. Sy het agter die koningin in die koninklike losie gesit op een van die konserte by Buckinghampaleis.; Charles het na berig word betaal vir twee voltydse sekuriteitsbeamptes vir haar beskerming. Hoewel Parker Bowles die huis wat sy in 1995 gekoop het bly onderhou het, het sy toe in Clarence House, Charles se amptelike woning sedert 2003, ingetrek. In 2004 het sy Charles op feitlik al sy openbare optredes vergesel. Die media het gegis oor wanneer hulle hulle verlowing gaan aankondig, en mettertyd het meningsopnames in Brittanje gewys 'n huwelik word algemeen gesteun.

Ondanks dié beeldherstelproses het Parker Bowles teenkanting gekry van ondersteuners van Diana wat aan nasioanle koerante geskryf het om hulle opinie bekend te maak, veral nadat Parker Bowles en Charles se trouplanne aangekondig is. Dié menings is op Facebook en TikTok deur internettrolle herhaal op vals steunbladsye en wat aan Diana gewy was.; In 2023 het The Independent Camilla die invloedrykste vrou van dié jaar genoem in sy "Invloedlys van 2023".

Tweede huwelik thumb|160px|Camilla in 2022 op die parlementsopening. Op 10 Februarie 2005 het Clarence House aangekondig Parker Bowles en die Prins van Wallis is verloof. As 'n verloofring het Charles haar 'n diamantring gegee wat vermoedelik aan sy ouma die koninginmoeder present gegee is nadat sy die lewe aan Charles se moeder geskenk het. As die toekomstige hoof van die Kerk van Engeland was dit omstrede dat Charles met 'n geskeide vrou gaan trou, maar met die toestemming van die koningin, die regering en die Kerk van Engeland kon die twee trou.