Lost in Translation is 'n romantiese komediedramarolprent van 2003 wat deur Sofia Coppola geskryf en geregisseer is. Bill Murray vertolk die rol van Bob Harris, 'n verskietende Amerikaanse filmster wat 'n middeljarekrisis ervaar wanneer hy na Tokio reis om 'n whiskyadvertensie te maak. Daar raak hy bevriend met 'n ander ontnugterde Amerikaner genaamd Charlotte, 'n jong vrou en onlangse gegradueerde, gespeel deur Scarlett Johansson.
Die prent ondersoek temas van vervreemding en diskonneksie teen 'n agtergrond van kulturele verplasing in Japan. Verdere ontleding deur kritici en geleerdes het gefokus op die uittarting van hoofstroom- narratiewe konvensies en sy atipiese uitbeelding van romanse. Note: Select the "Details" and "Feature" tabs.
Kenmerke Lost in Translation het $4 miljoen gekos om te maak en wêreldwyd byna $120 miljoen verdien. Dit het ook verskeie pryse gewen. Die prent is vir vier Oscars benoem: vir beste draaiboek, beste akteur (Murray), beste regisseur en beste rolprent. Sofia Coppola het uiteindelik 'n Oscar vir die beste draaiboek gewen. Baie resensente was beïndruk deur die prent se minimalisme: 'n eenvoudige lineêre storie, asook minimalistiese dialoog en storievertelling. Die dromerige ontwerp, oorspronklike musiek en goeie kamerawerk was ook 'n groot pluspunt. Die opnames het minder as 'n maand geduur.
Ten spyte van die baie positiewe erkenning, was daar omstredenheid rondom die film. Coppola beeld die Japannese verbruikersgemeenskap op 'n taamlik onsubtiele manier uit. Byna geen Japannese in die film praat Engels nie en dit lyk of hulle niks anders doen as om rekenaarspeletjies te speel, ontspanningskroeë te besoek, karaoke te sing en te stry nie.
Baie Japannese het nie van dele in die fliek gehou nie. Hulle het gedink dit is sleg vir die beeld van hul land of selfs rassisties.
Storie Bob Harris (Bill Murray) en Charlotte (Scarlett Johansson) is twee Amerikaners wat vir 'n ruk in Tokio woon. Bob is 'n terugkerende filmster wat in die stad is om in 'n advertensie te speel. Hy is getroud en het kinders, maar moet hulle vir 'n paar dae los om die advertensie te maak. Die jong Charlotte sukkel agter haar man, 'n werkverslaafde fotograaf (Giovanni Ribisi), aan. Wanneer albei van hulle nie kan slaap nie, loop Bob en Charlotte mekaar een aand in die hotelkroeg raak. 'n Verrassende vriendskap groei uit hierdie toevallige ontmoeting.
Lost in Translation is 'n film oor die eensaamheid van twee karakters wat dwaal deur 'n ontsaglike, chaotiese stad waarvan hulle nie die taal kan praat en die kultuur verstaan nie. Dit is net omdat hulle wel mekaar se taal praat dat hulle vriende word, hoewel hulle heeltemal verskillend van karakter is. Hulle het mekaar nodig om struktuur in hul lewens te kry. Charlotte en Bob delf in Tokio se naglewe. Hulle het 'n paar snaakse ontmoetings en kry uiteindelik 'n nuwe geloof in die moontlikhede van hul albei se lewens. Alhoewel die film aanhou om die spanning op te bou, kom dit nooit tot 'n verhouding tussen die twee nie.
Verwysings
Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Amerikaanse rolprente