Die langbeenharpuis (Euryops serra) is 'n struik wat tot die Asteraceae familie hoort. Die spesie is endemies in die Wes-Kaap en kom in die Groot-Winterhoekberge naby Tulbagh en moontlik by Berg Lebanon naby Houwhoek voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van slegs 54 km², daar is twee subpopulasies en word bedreig deur indringerplante.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Euryops Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika