Nissewaard is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Zuid-Holland, met 'n bevolking van sowat 86 000 in 2022 en 'n oppervlakte van sowat 84 km².

Nissewaard is in 2015 gestig deur die saamvoeging van die munisipaliteite Spijkenisse en Bernisse.

Nissewaard lê in die ooste van die Voorne-Putten-eiland en grens in die noordweste aan die Kanaal door Voorne, in die noorde aan die Hartelkanaal, in die noordooste aan die Ou Maas-rivier, in die suidooste aan die Spui-rivier en in die suidweste aan die Haringvliet-rivier.

Die munisipaliteit is deel van die Metropoolregio Rotterdam-Den Haag.

Plekke Stede: Geervliet Heenvliet Spijkenisse

Dorpies:

Abbenbroek Hekelingen

Simonshaven Zuidland

Gehuggies:

2e Vlotbrug Berenplaat Biert

De Hoek Moleneind

Munisipale raad Verkiesings sedert 2015:

Party Setels 2015 2018 2022ONS (Nissewaard) 13 14 11PvdA 5 6 5Nissewaard Lokaal 4 5PVV 5 4VOOR Nissewaard 3VVD 4 3 2CDA 3 2 2Belang van Nissewaard 2(Partij) Jong Nissewaard (PJN) 1CU–SGP 2 1 1GL 0 1D66 2 1 LOB (Nissewaard) ¹ 2 1 Trots op Nederland (TROTS) 3 0SP 3Totaal 37 37 37

¹ LOB = Lokaal Onafhankelijk Bernisse

Susterstede Hürth, Noordryn-Wesfale, Duitsland Thetford, Norfolk, Engeland

Naburige munisipaliteite

Eksterne skakels Amptelike webwerf Plaatsengids (beskrywing) AlleCijfers (statistiek)

Kategorie:Munisipaliteite in Zuid-Holland