Rugby Kanada (Engels: Rugby Canada, afgekort: RC; Frans: Fédération canadienne de rugby à XV) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Kanada beheer. Die huidige beheerliggaam is in 1974 gestig en in Richmond Hill, Ontario, gesetel. Sedert 1987 verteenwoordig dit Kanada by Wêreldrugby en sedert 2001 ook by Rugby Amerikas Noord (RAN).

Geskiedenis duimnael|links|Die Kanadese nasionale rugbyspan tydens die Rugbywêreldbeker 1987 In 1929 is die eerste nasionale beheerliggaam, die Rugbyunie van Kanada, gestig. Die Rugbyunie van Kanada is in 1965 herstig en in 1967 in Kanadese Rugbyunie hernoem; vandag gebruik die nasionale beheerliggaam die naam Rugby Kanada. Die Kanadese beheerliggaam het in 1987, net voor die eerste rugbywêreldbekertoernooi, ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) geword. Daarbenewens was Rugby Kanada in 2001 ’n stigterslid van die Noord-Amerikaanse en Wes-Indiese Rugbyvereniging (North America and West Indies Rugby Association, NAWIRA; nou Rugby Amerikas Noord, RAN), nadat Kanada en die Verenigde State by die Wes-Indiese Rugbyvereniging (West Indies Rugby Association, WIRA) aangesluit het.

Taak Rugby Kanada organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Kanada se nasionale seniormansrugbyspan, vroue (albei Canucks of Les Rouges) en jeug. Rugby Kanada hou ook toesig oor sewesrugby in Kanada en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Kanadese Nasionale Olimpiese Komitee saam. Dit beheer ook die Nasionale Juniorkampioenskap, ’n nasionale kompetisie vir o/20-mansspanne. Dit het voorheen die Superliga ondersteun as die hoogste vlak van manskompetisie in die land, maar die liga is gestaak nadat die Amerikas Rugbykampioenskap in 2009 geskep is, met slegs Kanadese spanne verteenwoordig in die eerste fase. Naas die amptelike nasionale span roep Rugby Kanada ook ander keurspanne byeen. Canada A is die tweede nasionale span van Kanada en hulle het tot in 2016 aan die Amerikaanse Rugbykampioenskap deelgeneem, voordat hulle na Wêreldrugby se Stille Oseaan-uitdaagtoernooi oorgeskakel het. Die Canada Sevens is die Kanadese sewesrugbyspan en hulle neem aan internasionale toernooie soos Wêreldrugby se Sewesreeks, Sewesrugbywêreldbeker, Olimpiese Somerspele en Statebondspele deel. Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugrugby in Kanada. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Net soos ander rugbylande beskik Kanada oor ’n o/20-nasionale span wat aan die Wêreldrugby o/20-trofee deelneem.

Van 2019 tot 2023 het met die Toronto Arrows ’n Kanadese span aan die Major League Rugby, ’n Amerikaanse professionele liga, deelgeneem. Die meeste spelers van die Kanadese nasionale span speel in dié liga. Van die ander spelers is veral in Frankryk op professionele vlak aktief. Daarbenewens word die amateurtoernooi tussen die tien provinsiale beheerliggame beslis, waarvan dié uit Brits-Columbië as sterkste beskou word. Van 2009 tot 2018 is die Kanadese Rugbykampioenskap tussen vier plaaslike keurspanne beslis.

Rugby Kanada organiseer ook gereeld internasionale toernooie. Hulle het reeds opgetree as gasheer van die vrouerugbywêreldbekertoernooi in 2006. Daarbenewens word die Kanada Sewes jaarliks op die BC Place-stadion in Vancouver beslis.

Provinsiale rugbyunies in Kanada British Columbia Rugbyunie Fraser Valley Rugbyunie Vancouver Rugbyunie New Brunswick Rugbyunie Newfoundland Rugbyunie Ontario Rugbyunie PEI Rugbyunie Rugby Alberta Rugby Manitoba Rugby Nova Scotia Rugby Quebec Saskatchewan Rugbyunie

Kenteken Rugby Kanada se kenteken toon ’n elfpuntige esdoringblaar (Acer saccharum) in die nasionale kleure wit en rooi, met die belettering Rugby op. Die nasionale spanne se byname is Canucks, ontleen aan die slangterm vir Kanadese, en Les Rouges („die rooies“), afgelei van die truikleur.

Sien ook

Krieket Kanada

Verwysings

Eksterne skakels Rugby Kanada se tuisblad

Kategorie:Rugby in Kanada Kategorie:Rugbybeheerliggaam Kategorie:Wêreldrugby