Waterstofoksalaat is 'n anioon met chemiese formule (of -) wat van oksaalsuur deur die verlies van 'n enkele proton of, alternatiewelik, van die oksalaatanioon () deur byvoeging van 'n proton afgelei is.

Verskeie waterstofoksalate is goed bestudeer, insluitend natriumwaterstofoksalaat (), kaliumwaterstofoksalaat (), ammoniumwaterstofoksalaat (), rubidiumwaterstofoksalaat () en dimetielammoniumwaterstofoksalaat (()).

Veral in ouer literatuur word daar ook na waterstofoksalate as bioksalate, suuroksalate of monobasiese oksalate verwys.

Waterstofoksalaat word as amfoteries geklassifiseer dws. dit kan óf 'n as suur óf as 'n basis in 'n chemiese reaksie reageer.

Struktuur

Die meeste hidrogenoksalaatsoute is gehidreer. Byvoorbeeld, kaliumwaterstofoksalaat kristalliseer as 2·. Hierdie materiale vertoon uitgebreide strukture as gevolg van waterstofbinding en anioon-katioon interaksies. Die hidrate dehidreer by verhitting:

2· → 2 +

Waterstofoksalaat is gebruik om die intramolekulêre oordrag van die waterstofioon te bestudeer. Aangesien die reaksie oënskynlik bloot die beweging van die waterstofioon (proton) behels, is aanvaar dat die laagste energie-oriëntasie van die waterstofoksalaatmolekule wat die reaksie sou vergemaklik die cis-oriëntasie sou wees. 'n Meer ingewikkelde situasie is egter teenwoordig wat koppeling tussen die protonbeweging en die interne vryheidsgrade, beweging van die suurstofatome en kwantumtonneling van die waterstofioon behels. 460px|links|Intramolekulêre protonoordrag in die waterstofoksalaat-ioon - cis-oriëntasie.

Kyk ook Waterstofkarbonaat

Verwysings

Kategorie:Chemie