Gymnosporia woodii is 'n struik wat hoort tot die genus Gymnosporia. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal en kom by Inanda naby Durban voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 122 km² en daar is vyf subpopulasies. Die subpopulasies word bedreig deur oorbeweiding, gewasverbouing, ontwikkeling en onbeheerde brande. Die totale populasie is kleiner as 300 plante.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Gymnosporia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika