duimnael|Alvin Botes Alvin Botes (gebore 9 September 1973)NPE2024 - Nasionale Kandidatelys soos op 10 April 2024 is ’n Noord-Kaapse politikus en lid van die African National Congress (ANC).

Botes het tussen 1999 en 2009 as die ANC se provinsiale hoof van beleid, navorsing en ontleding in die Noord-Kaap gewerk. Hy het ook as provinsiale tesourier en voorsitter van die ANC-jeugliga van 2003 tot 2008 gedien.https://web.archive.org/web/20200523185030/https://www.parliament.gov.za/person-details/21 Botes was tussen 2008 en 2017 die adjunk-provinsiale sekretaris van die ANC.

Botes was ʼn lid van die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer van 2009 tot 2018 en het as lid van die uitvoerende komitee tussen 2009 en 2013 gedien: aanvanklik verantwoordelik vir maatskaplike ontwikkeling (tot 2013) en daarna vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele aangeleenthede.

Botes is sedert 2018 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika en sedert Mei 2019 die adjunkminister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking.http://www.dirco.gov.za/department/profile_botes.html

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1973 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse politici