Karretjiespas is 'n bergpas op ‘n viertrekroete op die westelike oewer van die Doringrivier in die Tankwa-Karoo.

Hierdie nou bergpas is by 32° 15′ suid, 19° 28′ oos, bereik ‘n hoogte van 562 m en ‘n maksimum helling van 1:6 en is slegs 1½ km lank. Dit is deel van die ou posroete tussen die Biedouwvallei en Elandsvlei.

Lees ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika

Bibliografie Slingsby, Peter: Tankwa-Karoo & the Roggeveld Escarpment. Slingsby Maps, 2018. www.slingsbymaps.com  www.mountainpassesssouthafrica.co.za

Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap