Gravin Maria Theodora Paulina (Dora) Pejačević (, 10 September 1885 – 5 Maart 1923) was 'n Kroatiese komponis en lid van die Huis van Pejačević. Sy het saam met andere die orkestrale lied bekendgestel aan Kroatiese musiek.Historicisim in Croatia Vladimir Maleković, Vesna Lovrić Plantić, Graham McMaster - 2000 "In hierdie periode het Josip Hatze die eerste moderne kantate in Kroatiese musiek gekomponeer; Dora Pejačević, Bersa en Baranovic het die lied vir stem en orkes bekendgestel."(vryelik vertaal na Afrikaans) Haar Simfonie in F# mineur word deur navorsers beskou as die eerste moderne simfonie in Kroatiese musiek.Pejačević het in 1916 en 1917 aan haar simfonie gewerk... dit is die eerste moderne werke van sy genre in Kroatiese musiek. Pejačević is een van die belangrikste persone in die bekendstelliing van klassieke musiek aan Kroasië.

In haar vroeë loopbaan was Pejačević se belangrikste temas Romanties van aard, maar na haar ervarings as paramedikus tydens die Eerste Wêreldoorlog het haar werke die filosofiese beweging van nihilisme begin weerspieël, met motiewe soos die dood, isolasie en die nutteloosheid van oorlog.

Vroeë lewe Dora Pejačević (in ouer dokumente ook gespel Pejacsevich) is gebore in Boedapest in die Hongaarse Koninkryk as lid van die adellike Pejačević-familie. Haar vader, Teodor Pejačević, was 'n Kroatiese graaf van grotendeels Hongaarse afkoms. Haar moeder, Elisabeth Josepha Vay de Vaya, 'n Hongaarse edelvrou, was 'n opgeleide sangeres. Die belangrike rol wat haar moeder in haar lewe gespeel het het daartoe gelei dat Dora haar na die musiekwêreld gewend het in pleks van die aristokratiese leefwêreld waarop sy voorberei is.

Die gesin het die meeste van hul tyd in die familiekasteel in Našice deurgebring, maar het ook lang tye deurgebring in Wene, Boedapest, Praag en München.

Pejačević was skrander en het van 'n jong ouderdom af op talle koerante en tydskrifte ingeteken en 'n groot belangstelling in die maatskaplike kwessies van haar tyd getoon. Een voorbeeld hiervan is haar skerp bewustheid van die adellike voorregte wat sy geniet het, wat sy in een van haar briewe aanspreek:

Sy het haar eie intellektuele vermoëns ontwikkel onder die invloed van Wilde, Ibsen, Dostojefski, Heinrich Mann, Schopenhauer, Rilke, Kierkegaard, Karl Kraus en Nietzsche en andere. In een van haar dagboeke lewer sy kommentaar op 470 boeke wat sy gelees het in die tydperk van 1902 tot 1921, wat studievelde soos die letterkunde, filosofie, musiek, religie, geskiedenis en natuurlike wetenskappe ingesluit het.

Pejačević het haar eerste bekende stuk op 12-jarige ouderdom gekomponeer, waarna sy musiekskole en akademies in Zagreb, Dresden en München bygewoon het. Pejačević was egter grootliks selfgeleerd, aangesien sy nooit deurlopend kursusse bygewoon het nie, maar eerder beurtelings privaatlesse gehad het. Van die voorste figure van die Europese kulturele toneel uit haar tydsgewrig was onder andere die pianis Alice Ripper, die kunstenaar Clara Rilke-Westhoff, die skryfster Anette Kolb, die digter Rilke en die polemikus Karl Kraus.

Loopbaan duimnael|Pejačević voor haar klavier In 1913 het Pejačević 'n klavierconcerto gekomponeer (haar eerste orkestrale werk), wat haar die eerste Kroatiese komponis gemaak het wat 'n concerto geskryf het. Pejačević se vroeëre komposisies bestaan meestal uit klavierstukke, sonates en Lieder. Sy het later die romantiese musiek van haar jeug vervang met nuwe musikale uitdrukkings wat meer in ooreenstemming was met die tyd waarin sy geleef het – die onstuimige oorlogsjare en die revolusionêre veranderinge van die 1920’s. Hierdie veranderinge tree duidelik na vore uit haar musiek by wyse van impressionistiese en ekspressionistiese elemente en harmonieë.

Die Eerste Wêreldoorlog, waaraan sy self as paramedikus deelgeneem het, het talle spore op haar en haar musikale uitdrukking gelaat. Sy het haarself afgesonder en nuwe komposisionele weë gesoek. Die resultaat van hierdie pogings was siklusse van solo-komposisies en vokale en orkeskomposisies wat geskryf is ná die werke van Karl Kraus, Rilke en Nietzsche.

Gedurende hierdie periode het Pejačević haar werk as volg beskryf:

Baie van haar stukke is aanvanklik deur van die grootste soliste van haar tyd in Berlyn opgevoer. Haar werke is ook gedurende haar leeftyd opgevoer in Boedapest, Wene, Praag, München, Dresden en haar eie dorp, Našice.

Persoonlike lewe en afsterwe Pejačević is op 14 September 1921 getroud met Ottomar Otto, Ritter von Lumbe (1892–1978), die seun van Franz, Ritter von Lumbe (1848-1920), agterkleinseun van hertog Franz von Thun und Hohenstein (1786-1873) en sy vrou hertogin Theresia Anna Maria von Brühl. Die paartjie het kort hierna na München verhuis en hier hul enigste kind gehad. Op 5 Maart 1923 sterf Pejačević egter op tragiese wyse aan kraamkoors by die Münchense kliniek vir vrouesiektes. Haar seun, Theodor von Lumbe (1923-2012), het haar oorleef en in Julie 2011 in Wene 'n 1917-portret van sy moeder deur Maksimilijan Vanka aan die Galery van Moderne Kuns in Zagreb, Kroasië, oorhandig.

Pejačević is tydelik in München begrawe, en na twee maande is haar stoflike oorskot herbegrawe in Našice. Voor haar dood het sy die wens uitgespreek om in 'n aparte graf begrawe te word, buite die familiegrafkelder in die Kerk van die Hemelvaart van die Here (Pejačević familiekapel) in Našice, wat die familie in 1881 opgerig het. Sy wou ook hê dat haar grafsteen haar slegs moet aangee as “Dora”, met die kort grafskrif, "Rus Nou". duimnael|'n Borsbeeld van Dora Pejačević in Našice.

Nalatenskap Dora Pejačević word beskou as 'n belangrike Kroatiese komponis. Sy het 'n katalogus nagelaat van 58 opusnommers (106 komposisies), wat meestal in die laat Romantiese styl geskryf is, insluitende vokale, klavier- en kamermusiekwerke, en verskeie komposisies vir groot orkeste, laasgenoemde waarskynlik haar beste werke. Haar Simfonie in F# mineur word deur navorsers beskou as die eesrste moderne simfonie in Kroatiese musiek. Die meeste van haar musiek bly egter steeds ongepubliseer en is nog nie opgeneem op cd nie, alhoewel gesamentlike pogings onlangs van stapel gestuur is om hierdie stand van sake te korrigeer. As voorbeeld hiervan het die Kroatiese Musiekinligting Sentrum sommige van haar partiture gepubliseer, insluitende drie van haar orkestrale werke (die Klavierconcerto, Simfonie en Phantasie Concertante). In 2008 het die sentrum ook 'n tweetalige monograaf (in Engels en Kroaties) gepubliseer. Die monograaf is geskryf deur die Pejačević-navorser Koraljka Kos, en word vergesel van die eerste cd wat uitsluitlik bestaan uit die werke van Pejačević (klavier en kamermusiek).

Haar lewe is die onderwerp van die Kroatiese biografiese rolprent Countess Dora (1993), geregisseer deur Zvonimir Berković met Alma Prica en Rade Šerbedžija in die rolverdeling.

Lys van werke Komposisies vir stem Lieder Ein Lied, Op. 11 (teks: Paul Wilhelm; 1900) Warum?, Op. 13 (teks: Dora Pejačević; 1901) Ave Maria, Op. 16, vir stem, viool en orrel, (1903) Sieben Lieder, Op. 23, (teks: Wilhelmine Wickenburg-Almásy; 1907; opgedra aan Eva van Osten, Melanie Páiffy-Almásy, Julia Culp) Sicheres Merkmal Es hat gleich einem Diebe Taut erst Blauveilchen Es jagen sich Mond und Sonne Du bist der helle Frühlingsmorgen In den Blättern wühlt Es war einmal Zwei Lieder, Op. 27 (Teks: Wilhelmine Wickenburg-Almásy; Ernst Strauss; 1909) Ich schleiche meine Straßen Verweht Vier Lieder, Op. 30 (Teks: Anna Ritter; 1911; opgedra aan Marianne Konradsheim) Ein Schrei Wie ein Rausch Ich glaub', lieber Schatz Traumglück Verwandlung vir stem, viool en orrel, Op. 37a (teks: Karl Kraus; 1915; opgedra aan Sidonie Nádherny von Borutin) Mädchengestalten, Op. 42 (teks: Rainer Maria Rilke; 1916) Als du mich einst gefunden hast Viel Fähren sind auf den Flüssen Ich bin eine Waise Ich war ein Kind und träumte viel An eine Falte, Op. 46 (teks: Karl Kraus; 1918; opgedra aan Sidonie Nádherny von Borutin) Drei Gesänge, Op. 53 (teks: Friedrich Nietzsche; 1919 - 1920) Venedig Vereinsamt Der Einsamste Zwei Lieder, Op. 55 (Teks: Karl Henckell; Ricarda Huch; 1920; opgedra aan Rosa Lumbe-Mladota en Juza Lumbe) Zu dir! Um bei dir zu sein Tri dječje pjesme (Drie liedjies vir kinders), Op. 56 (teks: Zmaj Jovan Jovanović; 1921) Majčica, moj anđeo (Mamma, my engel) Dijete i baka (Kind en ouma) Mali Radojica (Klein Radojica)

met orkestrale begeleiding Verwandlung, Op. 37b (teks: Karl Kraus; 1915) Liebeslied, Op. 39 (teks: Rainer Maria Rilke; 1915) Zwei Schmetterlingslieder, Op. 52 (teks: Karl Henckell; 1920) Goldne Sterne, blaue Glöckchen Schwebe, du Schmetterling

Werke vir soloklavier Berceuse, Op. 2 (1897) Gondellied, Op. 4 (In Erinnerung an die gemütlichen Tage in Našice von Dora, Našice, 25-VII-1898) Chanson sans paroles, Op. 5, (1898) Papillon, Op. 6 (1898) Menuette, Op. 7 (1898) Impromptu, Op. 9a (1899) Chanson sans paroles, Op. 10 (1900; opgedra aan barones Else Szentkereszty) Albumblatt, Op. 12 (1901; verlore) Trauermarsch, Op. 14 (1902) Sechs Phantasiestücke, Op. 17 (1903) Sehnsucht Leid Frage Klage Bitte Wahn (2 weergawes: A en B) Blumenleben - acht Klavierstücke nach der Blütenzeit im Jahresablauf komponiert, Op. 19 (1904 -1905) Schneeglöckchen Veilchen Maiglöckchen Vergißmeinnicht Rose Rote Nelken Lilien Chrysanthemen Berceuse, Op. 20 (1906; opgedra aan haar neef, graaf Nikola Pejačević) Valse de concert, Op. 21 (1906) Erinnerung, Op. 24 (1908; opgedra aan Marie Therese Schall-Riaucour) Walzer-Capricen, Op. 28 (1910; opgedra aan haar professor, Percy Sherwood) Moderato Grazioso Im Laendler-tempo Wiegend Lento Tempo giusto Allegretto Grazioso, allegramente Moderato Vier Klavierstücke, Op. 32a (1912; opgedra aan die pianis Alice Ripper, wat die werk die eerste keer in Stockholm in 1917 opgevoer het) (verlore) Libelle Papillon Abendgedanke Vertige, Valse-Boston, (24 Mei 1906; Romantiese Salonstyl) Impromptu, Op. 32b (1912; opgedra aan die pianis Alice Ripper) Sonate in B-mol mineur, Op. 36 (1914; opgedra aan Anny von Lange) Con fuoco non troppo allegro Andante con molta espressione Allegro risoluto Zwei Intermezzi, Op. 38 (1915; opgedra aan Olga Schulz-Granitz) Ruhig und innig Langsam und ausdrucksvoll Zwei Klavierskizzen, Op. 44 (1918; opgedra aan Anny von Lange) An dich! Vor deinem Bild Blütenwirbel, Op. 45 (1918; 2 weergawes: A en B; opgedra aan Sidonie Nádherny von Borutin) Capriccio, Op. 47 (1919; opgedra aan Alice Ripper) Zwei Nocturnos, Op. 50 (1918; 1920) Sehr ruhig, mit innigem Ausdruck (Janowitz 20. – 21. Julie 1918; opgedra aan Alice Ripper) Leicht bewegt und ferträumt Humoreske und Caprice, Op. 54 (1920) Humoreske, allegretto vivo Caprice, vivace grazioso Sonate in A-mol majeur, Op. 57 (in een beweging; 1921)

Werke vir kamerorkes Rêverie vir viool en klavier, Op. 3 (1897) Canzonetta in D majeur, vir viool en klavier, Op. 8 (1899; haar eerste gedrukte komposisie; gewy aan Stefi Geyer) Impromptu, vir klavierkwartet, Op. 9b (1903; rangskikking van Op. 9a) Trio in D majeur, Op. 15 vir viool, tjello en klavier (1902) Menuett in A majeur, Op. 18, vir viool en klavier (1904; gewy aan Jaroslav Kocian) Romanze in F majeur, Op. 22, vir viool en klavier (1907) Kwartet in D mineur, Op. 25 vir viool, altviool, tjello en klavier (1908) Sonate in D majeur, 'Frühlings-Sonate', Op. 26 vir viool en klavier (1909) Trio in C majeur, Op. 29 vir viool, tjello en klavier (1910) Strykkwartet in F majeur, Op. 31 (1911; lost) Elegie in E-mol majeur vir viool en klavier, Op. 34 (1913; gewy aan Johannes Nádherny-Borutin) Sonate in E mineur, Op. 35 vir tjello en klavier (1913; gewy aan Olga en Ernst Schulz) Klavierkwintet in B mineur, Op. 40 vir 2 viole, altviool, tjello en klavier, (1915 - 1918) Sonate in B mineur 'Slawische Sonate' vir viool en klavier, Op. 43 (1917; gewy aan die violis Zlatko Baloković)