Cyclopia bolusii is 'n struik wat hoort tot die genus Cyclopia. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Groot Swartberge voor. Die totale populasie word op minder as 1 000 plante geskat, subpopulasies bestaan uit minder as 10 plante elk. Die plant is deel van die fynbos; dit word bedreig deur die oormatige pluk deur versamelaars en water onttrekking.
Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online
Kategorie:Cyclopia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika