Gazania splendidissima is 'n plant wat hoort tot die genus Gazania. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom voor van Port Nolloth tot by Hondeklipbaai waar dit deel van die Sukkulente Karoo is. Die plant het 'n voorkomsgebied van 335 km² en word bedreig deur mynbou aktiwiteite byvoorbeeld oopgroef mynbou vir diamante. Die aktiwiteite by Kleinsee het vererger. Kusontwikkeling is ook 'n bedreiging.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Gazania Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika