Die bosmagriet (Dimorphotheca cuneata) is 'n plant wat hoort tot die genus Dimorphotheca. Die spesie is inheems aan die Noord-Kaap, Noordwes, Oos-Kaap, Wes-Kaap, die Vrystaat asook Namibië.

Die plant het verskeie plaaslike name: bergbietou, gousblom, grootbietou, makbietou, struikdimorphotheca, weerprofeet, witbietou en witgousblom.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Dimorphotheca Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika