Aspalathus oblongifolia is 'n plant wat hoort tot die genus Aspalathus. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos. Dit kom vanaf Pringlebaai tot by Hermanus asook Potberg voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 2 100 km² en daar is sewe subpopulasies. Die subpopulasies by Hermanus en Pringlebaai staan habitat af aan kus ontwikkeling en die populasie se getalle daal.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
oblongifolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika