Elisabeth Françoise Eybers OIG (26 Februarie 1915 – 1 Desember 2007) was 'n Afrikaanse digteres, en die eerste vrou wat 'n Hertzogprys vir poësie gewen het. Haar belangrikheid in die Afrikaanse poësie is geleë daarin dat sy begin het om die vrou se ervaringswêreld – die kennismaking met die liefde, swangerskap en geboorte, maar later ook besinnings oor die middeljare – te beskryf. Sy sterf in Amsterdam weens haar hoë ouderdom.http://www.litnet.co.za/elisabeth-eybers-1915-20071/

Lewe en werk duimnael|links|Taalles van Elisabeth Eybers as muurgedig in Leiden

Vroeë lewe en herkoms Elisabeth Francoise Eybers is op 26 Februarie 1915 op Klerksdorp gebore as die middelste van drie dogters van ’n Afrikaanse pa, die NG predikant dr. John Henry Eybers (1878–1962), en ’n Engelse ma, Elisabeth Susanna (Lily) le Roux (1879–1968). Haar ouer suster is Marianne Maria en haar jonger suster Jeanette. Die familie Eybers stam af van John Heinrich Eybers, afkomstig van Siedenburg in Duitsland, wat in 1779 in Suid-Afrika aankom. Haar ouers is sewe jaar verloof en ds. Eybers studeer eers op Stellenbosch en dan aan die Vrije Universiteit van Amsterdam, waarna hulle trou en Klerksdorp hulle eerste gemeente word. ’n Jaar na Elisabeth se geboorte vestig die gesin hulle in 1916 steeds in Wes-Transvaal op Schweizer-Reneke,http://www.esaach.org.za/index.php?title=Eybers,_Elisabeth_(Fran%C3%83%C2%A7oise) waar haar vader die NG Kerk predikant op die dorp is en haar ma onderwys in Engels gee. Haar moeder se begaafdheid blyk duidelik uit die feit dat sy op 26-jarige ouderdom aangestel is as die eerste hoof van die Meisieskool Oranje in Bloemfontein en dat sy alle hoërskoolvakke, Duits uitgesonderd, kon doseer. Die oupa-grootjie aan moederskant is Pieter W. Bosman, ’n boer van Stellenbosch, wie se Nagelaten Gedichten in 1894 deur sy seun, destyds die burgemeester van Stellenbosch, uitgegee is.

Opleiding duimnael|regs|300px|Elisabeth Eybers omstreeks 1968. Elisabeth ondergaan haar gehele skoolopleiding op die laerskool en hoërskool op die dorp in Schweizer-Reneke. Haar vader is een van die eerste leraars wat in Afrikaans in stede van Nederlands preek, wat konserwatiewe gemeentelede erg ontstig. Sy doen baie huisbesoek saam met haar vader en sy leer dus die omgewing en landskap baie goed ken, belewenisse wat neerslag vind in haar eerste bundels. Dwarsdeur sy lewe bly haar vader student en sy studies in die kerkreg kulmineer in 1934 met die proefskrif oor Die Kerkinrigting van die Nederduits Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Haar ouers bedien die Schweizer-Reneke gemeente tot Maart 1945, waarna dr. Eybers sy emeritaat neem en hulle in die aftree-oord Siësta in Bloemfontein gaan woon. Wanneer Elisabeth veertien jaar oud is, begin sy reeds gedigte skryf in Engels wanneer Lionel Bennet, haar Engels onderwyser, die kinders vir strafwerk gedigte laat skryf en sy ontdek dat sy besonder goed is daarmee. In 1931 matrikuleer sy op Schweizer-Reneke.

Op sestienjarige leeftyd begin sy in 1932 haar studies aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg, waar C.M. van den Heever indertyd die hoogleraar was. Op universiteit is sy aktief betrokke by die Afrikaanse toneel wat jaarliks deur die studente opgevoer word. In 1934 behaal sy haar B.A.-graad met Duits en Afrikaans as hoofvakke en in 1935 verwerf sy die B.A. Honneurs-graad met lof met ’n verhandeling oor Die ontwikkeling van individualisme in die Afrikaanse liriek. Hierna is sy ’n tyd lank verbonde aan die redaksies van Die moderne vrou en Die Brandwag.

Lewe in Europa Na haar egskeiding van Dr Albert Wessels in 1961 emigreer sy na Amsterdam in Nederland, vanwaar sy steeds ’n lewendige belangstelling toon in ontwikkelings in haar land van herkoms. In die vroeë sestigerjare het sy ’n ernstige verhouding met die psigiater professor Henricus Cornelis Rümke, wat in 1967 oorlede is. Sy het daarna vanaf 1973 tot met sy dood in Julie 1994 ’n besonder hegte verhouding met die ekonoom professor Pieter Hennipman, professor in teoretiese ekonomie aan die Universiteit van Amsterdam. Haar digterskap toon na haar emigrasie ’n verruiming, aangesien sy vir gewone kommunikasie ’n ander taal moet aanleer en ook aan ’n nuwe omgewing gewoond moet raak, terwyl sy haar steeds vreemd voel en aanvanklik sukkel om aan te pas. Hierdie stryd verruim haar tematiek en haar woordgebruik. Twee van haar dogters vestig hulle ook hier in Nederland en sy aanvaar in 1985 Nederlandse burgerskap. In Maart 1968 koop sy ’n huis in Van Breestraat in Amsterdam (naby die Concertgebouw) en trek dan in Mei 1979 na ’n kleiner woning op die eerste verdieping in Stadionkade in Amsterdam. In die laat tagtigerjare het sy ’n beroerte-aanval, maar herstel weer mooi, al hou sy sekere nagevolge van hierdie gebeurtenis oor. Hierdie voorval word beskryf in die gedig Hemi-facialis spasme in die bundel Noodluik. Sy is vier tale magtig, naamlik Afrikaans, Nederlands, Engels en Frans.

Persoonlike lewe In Desember 1937 tree sy in die huwelik met Albert Jan Jurie Wessels, skrywer van Moffie en sy maats (1938) en Tog sterker (1941) en later bekende sakeman. Die egpaar vestig hulle in Johannesburg en uit die huwelik word drie dogters (Marita, Elisabeth en Jeanne) en ’n seun (Bert) gebore.

Op Saterdag 1 Desember 2007 is sy in haar woonstel in Amsterdam oorlede en word sy in die Zorgvlied-begraafplaas aan die Amstel in Amsterdam begrawe.

Skryfwerk

Poësie duimnael|regs|220px|Eybers se gedig "Verjaardag" in haar handskrif. Aanvanklik is die gedigte wat sy op skool skryf hoofsaaklik Engels, maar sy slaan later oor na Afrikaans as uitdrukkingsmedium. Vanaf 1935 publiseer sy gedigte in Die Huisgenoot (met “Aand” wat reeds op 12 April 1935 in hierdie tydskrif verskyn), Umpa, Die Vaderland en die Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring en later ook in Standpunte. As student wen sy ’n prys in ’n poësiewedstryd van ’n tydskrif met die gedig “Abandonado”, wat later in haar eerste digbundel opgeneem word. In haar eerste bundels beeld sy hoofsaaklik “vroulike” temas uit, waarin moederskap veral prominent figureer. Hierdie tema word reeds aangekondig in haar jeuggedig Maria, (oorspronklik gepubliseer in Die Vaderland van 26 Junie 1936) waarin die moeder van Christus op onvergeetlike wyse ’n gewone vrou word wat die bitter ervaring van die onverbiddelike fisieke skeiding met ’n kind moet ervaar, al bly die kind aan die moeder gebonde deur die mistieke onsigbare naelstring wat nie breek nie. Belydenis in die skemering is nog die werk van ’n jong digter wat haar jeugdige liefdes en verlangens bely. Opvallend is die groot aantal sonnette in die bundel, wat die eerste belangrike gedigte van hierdie soort van die Dertigers is. Haar voorliefde vir die sonnet blyk reeds duidelik op hierdie vroeë stadium. Soos te verwagte in jeugverse is baie nog onafgerond, bevat dit retoriek eerder as ontroering en gebruik sy soms ongelukkig gekose woorde. Met die herdruk van hierdie bundel in 1956 laat sy twee gedigte weg en later neem sy slegs ses van die gedigte uit hierdie bundel op in haar Versamelde gedigte. Die Hertzogprys word in 1943 vir Belydenis in die skemering en Die stil avontuur toegeken.

Die stil avontuur toon reeds groot vooruitgang in haar digkuns. Hierin word die stil avontuur van die titel ervaar in die liefde tussen twee jongmense, die huwelik, swangerskap, geboorte en moederskap. Opmerklik is ’n groter volwassenheid in vergelyking met haar debuut, met die bepeinsing en gevoelens wat nie net persoonlik is nie maar ook by tye meer universeel geldend is. Die bundel word afgesluit met vyf vry vertalings uit Duits, waar twee oor Maria en haar kind handel en drie oor die oorlog. Die Hertzogprys word in 1943 vir Belydenis in die skemering en Die stil avontuur toegeken.

Hierna volg verdere groei in die bundel Die vrou en ander verse waarin die vrou (en moeder) optree as beskermer en bewaker teen die gevare. Die vrou is bron van nuwe lewe teenoor die vernietigende krag van die dood.Mulder, H.A. Standpunte. Reeks 1, no.2 1945

Die ander dors se titel verwys na die sonnet oor die Bybelse Hagar, slavin van Abraham en moeder van Ismael, waarin hierdie woorde ook voorkom. Daar word dan ook aandag geskenk aan die bitter aspekte van die liefde tussen man en vrou, met die eindelike besef dat die verlange dalk beter is as die vervulling daarvan. Die gedigte in die bundel bevat nugtere beredenering en kalmte en rustige nadenke in verworwe lewenswysheid, maar tog mis dit iets van die passie en hartstog van haar eerste bundels, terwyl daar steeds verstegniese gebreke is wat ’n groot deurbraak in haar digkuns verhoed. Hierdie gebreke sluit in die gebruik van blote verbindingswoorde soos “waar”, “want”, “nog” en vele ander in prominente rym-of enjambementposisies, waardeur die gedagte-inhoud en impak verswak word.Grové, A.P. Standpunte. Jaargang 4, no.2, 1949

Tussensang blyk later ’n profetiese titel te wees, want hierdie ietwat yl bundel met herinneringspoësie is inderdaad ’n oorgang tussen haar vroeër gevoelsverse en die ryper besinningsverse van later. As geheel is die bundel reeds meer heterogeen as haar vorige bundels, met ’n herontdekking van sintuiglikheid wat die beelding ten goede meewerk. Die bundel het enkele verse oor die moeder-kind-motief wat vorige bundels oorheers het.Van der Walt, P.D. Die Transvaler. 25 Junie 1977Brink, André P. Rapport. 19 Junie 1977Antonissen, Rob. Standpunte, No. 20, Julie 1951

Met die bundel Die helder halfjaar breek sy deur na nuwe dimensies waar haar verse meer gelade word en die tematiek ingrypend verruim word. Hier is ’n wegbeweeg van die moeder- en vrougedigte wat haar poësie tot op daardie tydstip getipeer het en ontdek sy die buitewêreld met sy natuurskoon en die menslike kondisie in sy ruimheid. Die gedigte toon uitstekende gebruik van die sintuie, wat veel en skerp waarneem en dan in suiwer taal weergee. Opmerklik is die noukeuriger gebruik van woorde en beelde en die vermoë om terme uit verskillende lewensgebiede op verrassende wyse in ander kontekste te gebruik om idees op te helder. Die gedigte in die bundel het ontstaan tussen April en Oktober 1955, ’n halfjaar van geestelike helderheid en dinamiese skeppingskrag, wat ook aan die bundel sy titel gegee het. Hierdie bundel is ’n onbetwiste hoogtepunt in haar oeuvre tot op daardie stadium en bevat veel meer geslaagde gedigte as enigeen van haar vorige bundels.Antonissen, Rob. Standpunte. Nuwe reeks 13, Augustus-September 1956Antonissen, Rob. Kern en tooi. Nasou Beperk Eerste uitgawe Eerste druk Elsiesrivier 1963 In 1957 verskyn haar volledige Versamelde gedigte vir die eerste keer, behalwe dat sy slegs ses gedigte uit haar debuutbundel opneem, aanduidend daarvan dat sy hierdie bundel as onvolwasse jeugwerk beskou. Die ongepubliseerde gedigte hierin vorm later die kern van haar volgende bundel, Neerslag. Haar versamelde gedigte word daarna by verskeie geleenthede bygewerk en heruitgegee.

Neerslag se titel is bewys van hoe haar aandag na die gedig verskuif as neerslag van menslike ervaring en hoe die digkuns vervulling kan bring waar die werklikheid tekortskiet. Hierdie bundel dui dan ook die rigting aan waar sy van hier af toenemend filosofeer oor die ontstaan, aard en wese van die poësie. Ook in die bundel is vertalings van tien sonnette van die Kubaans-gebore Franse digter José-Maria de Hérédia.Antonissen, Rob. Kern en tooi. Nasou Beperk Eerste uitgawe Eerste druk Elsiesrivier 1963

Balans verskyn nadat sy reeds na Nederland verhuis het, maar die meeste gedigte het in Suid-Afrika ontstaan. Die titel dui reeds die soeke na ewewig aan wat ’n deurlopende tema in die bundel is. Die mens moet voortdurende die middeweg vind tussen gevoel en verstand, droom en werklikheid, digterskap en menswees en ten slotte tussen die herinnering aan die ou vaderland en die ervaring van die nuwe tuiste.Antonissen, Rob. Spitsberaad. Nasou Beperk Elsiesrivier Eerste uitgawe Eerste druk 1966