Aspalathus salteri is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos. Dit kom van die Kaapse Skiereiland tot by Kaap Infanta voor en daar is as agttien subpopulasies. Die plant het 'n voorkomsgebied van 8 400 km². Regdeur sy voorkomsgebied word die plant bedreig deur indringerplante, op die Agulhasvlakte deur gewasverbouing en op die Skiereiland deur stedelike ontwikkeling.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
salteri Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika