Massonia depressa is 'n bolagtige geofiet wat deel van die Asparagaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat en die Wes-Kaap. In Engels staan die plant bekend as Hedgehog lily.
Hierdie ongewone lelie het die mees onaansienlike blomme denkbaar. Die blomme het 'n grondvlakposisie. Dit maak dit makliker vir knaagdiere soos Gerbillurus paeba, die haarpootnagmuis, om die blom te bestuif. Teen skemer neem die nektar toe en ontwikkel die blomme 'n sterk geur, wat vir mense onwelriekend is. Die nektar is buitengewoon viskeus en jellieagtig en versamel in 'n poel aan die basis van die bakvormige blom. Vir insekte is dit nie aantreklik nie, maar op die Knersvlakte is waargeneem dat die haarpootnagmuis dit oplek.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Verwysings
depressa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika