Die Kerskoppas (ook bekend as die Eselbankpas) is ‘n pas in die Sederberge van die Wes-Kaap.
Hierdie pas is by 32° 18′ suid en 19° 13′ oos, suid van Wupperthal op die pad na Eselbank en aan die westekant van die Tra-trarivier. Dit is 10½ km lank en bereik ‘n hoogte van 975 m bo seevlak en ‘n maksimum helling van 1:5. Alhoewel die steilste dele van die gruispad verhard is, is die roete eintlik slegs geskik vir viertrekvoertuie.
Lees ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika
Bibliografie mountainpassessouthafrica.co.za Slingsby, Peter: Tankwa-Karoo & the Roggeveld Escarpment. Slingsby Maps, 2018. www.slingsbymaps.com
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap