Homeros, ook Homerus (Oudgrieks: Ὅμηρος, Hómēros), is 'n Griekse digter en sanger wat volgens meeste bronne rondom die 8ste eeu v.C.Herodotos 2.53. geleef het. Die Ilias en Odussee, die oudste bekende en bewaarde literêre werke uit die Griekse letterkunde, is van die vernaamste eposse wat aan hom toegeskryf word.

Hy het eposse gedig waarin 'n groot aantal oorgelewerde verhale oor helde, gode en mitiese vertellinge uit die Griekse kultuur verwerk is. Die vormende invloed wat die Homeriese eposse op die Griekse kultuur gehad het, word wyd erken en gee aan Homeros die titel van die onderwyser van Griekeland. Homeros se werke, waarvan ongeveer die helfte uit toesprake bestaan, verskaf modelle vir oorredende skryfwerk en gesprekvoering, wat regdeur die Griekse Antieke en Middeleeuse tydperke nagevolg is. Homeriese fragmente beslaan amper helfte van die identifiseerbare Griekse papirusrolle wat tot nog toe gevind is.; Finley se syfers is ontleen aan die korpus van literêre papiri wat voor 1963 gepubliseer is. Desondanks al die werke, is daar heelwat bespiegeling onder geleerdes of hy, indien wel, die enigste skrywer van die werke was. Verskeie leidrade uit antieke bronne wil die teendeel bewys.

Onsekerheid heers ook oor waar en wanneer hy geleef het. Herodotus skat dat Homeros ongeveer 400 jaar voor hom (Herodotos) geleef het, wat sy leeftyd rondom 850 v.C. plaas. Die Nederlandse geskiedkundige Kees Ruijgh meen dat Homeros reeds in die negende eeu v.C. moet geleef het. Ander antieke bronne beweer weer dat hy nader aan die veronderstelde tyd van die Trojaanse Oorlog geleef het, rondom die vroeë 12de eeu v.C. Die meeste hedendaagse geleerdes plaas Homeros egter tussen die 7de en 8ste eeu v.C.

Die onsekerhede rondom Homeros se biografie, of hy wel bestaan het of nie, asook wie werklik verantwoordelik is vir al die Homeriese werke staan bekend as die Homeriese kwessie.

Tydvak duimnael|links|Gedeelte van 'n 11de-eeuse manuskrip "the Townley Homer." Die skrif aan die bo- en regtekant is scholia. Om die Homeriese tydvak te bepaal moet daar gekyk word na die konteks waarin die woord "Homeros" gebruik word. Indien die werke in geheel of gedeeltelik aan 'n blinde digter genaamd Homeros toegeskryf word, en werklik deur so 'n persoon geskep is, moet biografiese datums, 'n eeu of geskiedkundige tydperk bestaan, wat as die Homeriese tydvak beskryf kan word. Indien Homeros egter beskou word as 'n mitiese karakter, die legendariese stigter van 'n gilde rapsodiste genaamd die Homeridae, beteken "Homeros" die werke toegeskryf aan die rapsodiste van die gilde. Die rapsodiste het hulle werke meestal binne die bestek van 'n eeu of paar eeue saamgestel. Die woord "Homeros" word ook gekoppel aan die tradisionele elemente van digkuns, wat aan die rapsodiste bekend was. Die elemente is deur hulle aangewend om mondelinge poësie mee te skep en so inligting rakende die kultuur van Mukeense Griekeland oor te dra. Hierdie inligting word algemeen "Die wêreld van Homeros" (of van die Odussee of die Ilias) genoem. Die Homeriese tydvak sal in hierdie geval 'n aantal historiese tydvakke dek, vernaam die Mukeense era, wat die eerste weergawe van die Ilias voorafgaan. Ten laaste is gevind dat meeste van die Ilias en Odussee se geografiese en materiële inhoud ooreenstem met die Laat-Egeïese Bronstydperk, die bloeitydperk van Troje. Die gebeure het afgespeel voor die ingebruikneming van die Griekse alfabet.

Saam met die vraag oor of 'n biografiese persoon, naamlik Homeros bestaan het, en watter rol hy gespeel het met die ontwikkeling van die onderskeie bekende tekste, word die kwessie geopper of 'n eenvormige teks van die Ilias en Odussee ooit bestaan het. Daar moet in ag geneem word dat die gedrukte tekste woord vir woord die produk is van geleerdes se insette die afgelope drie eeue. Elke uitgawe van die Ilias en Odussee verskil ietwat van mekaar vanweë die feit dat redakteurs staat maak op verskillende manuskripte en fragmente. Hulle neem ook verskillende besluite rakende die mees akkurate teks om te gebruik. Die term "akkuraatheid" dui op 'n wesenlike veronderstelling dat 'n oorspronklike eenvormige teks bestaan het. Die manuskripte van die tans beskikbare volledige werk dateer nie verder terug as die 10de eeu nie. Hierdie tekste bevind hulself aan die stertkant van 'n verdwene duisendjarige ketting van kopieë. Die kopieë is oorgeskryf soos elke generasie manuskripte gedisintegreer het, verlore geraak het of vernietig is. Hierdie talle manuskripte verskil so min van mekaar dat 'n enkele oorspronklike manuskrip gepostuleer kan word.ʼn Opsomming van die bronne en 'n analise van die tekstuele eenvormigheid kan gevind word in .

Die leemte in die ketting word oorbrug deur die scholia (aantekeninge) in die bestaande manuskripte. Die scholia toon aan dat die oorspronklike manuskrip in die tweede eeu v.C. deur Aristargos van Samothrake gepubliseer is. As bibliotekaris van die Biblioteek van Alexandrië het hy 'n taamlike uiteenlopendheid in die Homeriese werke bespeur, en gepoog om 'n meer outentieke kopie saam te stel. Hy het in die proses verskeie manuskripte versamel. Die een wat hy op die ou einde vir regstelling gekies het, was die Koine manuskrip, wat later deur Murray vertaal is as die "Vulgata." Aristargos is bekend vir sy konserwatiewe keuses van bronne en het versreëls gemerk wat volgens hom nie Homeros se werk is nie. Die hele laaste boek van die Odussee is so deur hom gemerk.

duimnael|Fragment uit die 2e boek van die Ilias Die Koine weergawe is op sy beurt weer van Zenodotos, die eerste bibliotekaris in Aleksandrië, afkomstig. Hy het sy merk gemaak aan die begin van die 3de eeu v.C. Zenodotos het ook probeer om outentisiteit terug te besorg aan die manuskripte wat hy in 'n chaotiese toestand gevind het. Hy stel die voorbeeld deur gedeeltes wat hy as oneg beskou te merk, en voeg gedeeltes by wat hy as vermis beskou. Nie Zenodotos of Aristargos maak melding van enige outentieke hoofkopie van waaruit regstellings gemaak kan word nie. Hulle benadering was intuïtief en die huidige indeling van 24 boeke elk vir die Ilias en Odussee is deur Zenodotos in plek gesit.

Murray verwerp die idee dat 'n gesaghebbende teks vir die Vulgata bestaan het tydens Zenodotos se leeftyd. Hy maak gebruik van fragmente en aanhalings van Homeros uit ander werke waarvan ongeveer 200 in bestaan was tydens sy navorsing. Sommige van die tekste stem ooreen met huidige tekste, party omskryf die tekste en ander word glad nie verteenwoordig nie. Murray haal aan uit Achilles se skild wat ook verskyn in Herkules se skuld in Hesiodos. Hy maak die gevolgtrekking dat die epiese gedigte in 'n "vloeibare toestand" verkeer het en stel 150 v.C. voor as die datum waartydens die tekste verdig tot die Vulgata. Murray sê ook dat "Homeros" in die vyfde eeu v.C. die betekenis gedra het van die "outeur van die Ilias en Odussee", maar dat mens nie seker kan wees van wat met daardie woorde bedoel is nie.

Die vroegste vermelding van 'n Homeriese werk is deur Kallinos, 'n digter wat rondom 750 v.C. geleef het. Hy skryf die epos Thebais aan Homeros toe – 'n heldedig oor die Epigone se aanval op Thebe. Die Thebais is geskryf in die tyd toe die Griekse alfabet in gebruik geneem is, maar kon oorspronklik 'n mondelinge gedig gewees het. Verder word die Ilias in Herodotos genoem met betrekking tot die vroeg sesde eeu v.C., maar daar word nie genoem van watter Ilias gepraat word nie. Dit wil voorkom of al die antieke bronne vasberade blyk te wees dat Homeros bestaan het. Die skrywer van Apollo se loflied identifiseer homself in die laaste vers van die gedig as 'n blinde man van Chios.

Nieteenstaande hierdie inligting is daar nog steeds gronde om aan te voer dat Homeros slegs 'n mitologiese karakter is – die sogenaamde stigter van die Homeridae. Martin Litchfield West maak aanspraak daarop dat "Homeros" nie die naam van 'n geskiedkundige digter is nie, eerder 'n fiktiewe saamgestelde naam. Oliver Taplin verkondig weer in die Oxford History of the Classical World se hoofstuk oor Homeros dat sy lewe grootliks bewysbaar fiktief is. Nog 'n aanval op die biografiese besonderhede kom van G.S. Kirk wat sê dat die Oudheid niks definitiefs geweet het van die lewe en persoonlikheid van Homeros nie. Taplin weer, verkies om van Homeros te praat as 'n geskiedkundige konteks vir die gedigte. Sy datum vir hierdie konteks lê tussen 750 – 650 v.C. sonder om Murray se "vloeibare toestand in oorweging te bring." Die "Ilias" word algemeen beskou as die oudste werk van Westerse letterkunde.

Volgens Murray is daar 'n baie skraal kans dat die Ilias en Odussee uit die vroeë bronne, met of sonder Homeros, dieselfde is as die wat ons vandag ken. Gregory Nagy kies die sesde eeu v.C. as die datum waarop die eposse vasgelê is, eerder as Murray se 150 v.C. Hy baseer dit op die feit dat die Ilias voorgedra is tydens die Panathenaia, wat in 566 v.C. begin het. Die bogenoemde sienings is almal egter filologies van aard. Ongeag of Homeros bestaan het of nie, en of die Homeriese tekste naby is aan die wat vandag bestaan, kan filologie nie op sy eie enige lig werp op die ooreenkomste tussen die Mukeense kultuur en die geografiese en materiële dekor van Homeros se wêreld nie.

Argeologie steun egter die teorie dat heelwat gedetailleerde inligting oorleef het in die vorm van formules en stereotiepe stukke, wat kreatief gekombineer is deur die rapsodiste van latere eeue. 'n Aantal gekombineerde argeologiese en filologiese werke is al oor die onderwerp geskryf, soos Denys Page se "History and the Homeric Iliad" en Martin Nilsson se "The Mycenaean Origin of Greek Mythology." Die taalkundige Calvert Watkins gaan so ver as om 'n oorgeërfde Proto-Indo-Europese taaloorsprong te gaan soek vir sekere epitetons en die epiese gedig. Indien hy reg is, kan die stereotipe temas en gedigte van rapsodiste heelwat ouer wees as die Trojaanse oorlog, wat in daardie geval slegs die nuutste geleentheid sou wees vir 'n epos.

Dit is moeilik om Homeros voor te stel as 'n enkele skrywer van 'n versameling werke, aangesien dit vandag historiese gebeure beskryf wat meestal werklikheid was, behalwe vir die ooglopende mitologie. Homeriese studies is die tameletjie van filosofie, want dit het nie 'n begin of einde nie. Maak nie saak wat as die eerste kwessie gekies word nie, dit lei onmiddellik na 'n verdere kwessie. Die versameling kwessies staan bekend as die Homeriese kwessie.

Lewe en legendes Die vitae Homeri, "Homeros se lewens" duimnael|Homeros en sy gids, deur William-Adolphe Bouguereau (1825-1905), beeld Homeros uit op Berg Ida, omring deur honde en gelei deur die bokwagter Glaukos (soos oorvertel in die Pseudo-Herodotos) Verskeie tradisies oorleef wat bewerings maak rakende Homeros se geboorteplek en agtergrond. Lucianus die satirikus beskryf hom, in sy Ware geskiedenis, as 'n Babiloniër genaamd Tigranes wat die naam Homeros aanneem na hy as "gyselaar" ("homeros") geneem is deur die Grieke.Lucian, Verae Historiae 2.20, gesiteer en vertaal in Wanneer Keiser Hadrianus die Orakel by Delphi oor Homeros uitvra, antwoord die Putia dat hy van Ithaka is – hy is die seun van Epikaste en Telemachos uit die Odussee.

Hierdie stories verskyn in die verskeie "lewens van Homeros," en is sedert die Aleksandrynse era met die verloop van tyd saamgestel.

"Homeros se lewens" verwys dus na 'n versameling van langer fragmente oor die onderwerp, geskryf deur merendeels anonieme skrywers. Sommige van die fragmente is toegewys aan meer bekende skrywers. Thomas W. Allen versamel al die vitae in die 20ste eeu en kombineer dit tot 'n standaard verwysingswerk wat deel word van die Homeri Opera, "Homeros se werke". Die eerste publikasie verskyn in 1912 deur Oxford University Press.

Allen teken verskeie vitae op, wat uit verskillende bronne bymekaargemaak is: Vita Herodotea, ble. 192-218, beter bekend as die Pseudo-Herodotos, moontlik omrede dit nie van Herodotos is nie