Die Koraalsee (Engels: Coral Sea, Frans: Mer de Corail) is 'n see aan die rand van die noordoostelike kus van Australië. Dit word begrens in die weste deur die ooskus van Queensland en sluit daarmee saam die Groot Koraalrif in, in die ooste deur Vanuatu en Nieu-Kaledonië en die noorde deur die suidelikste deel van Papoea-Nieu-Guinee en die Salomonseilande. Sector 6 – Chart Information Die Koraalsee grens aan die Salomonssee in die noorde en die Tasmansee in die suide. Die Koraalsee word deur die Torres-straat met die Arafurasee in die noordweste verbind. Die see het 'n oppervlakte van sowat 4 791 000 km².
duimnael|links|Ligging van die Koraalsee duimnael|links|Kaart van die Koraalsee-eilande Die Internasionale Hidrografiese Organisasie beskou die seegebied oos van die Australiese deelstate Nieu-Suid-Wallis, Victoria en Tasmanië as deel van die Tasmansee, terwyl die seegebied oos van Queensland deel van die Koraalsee uitmaak. Die grens tussen Nieu-Suid-Wallis en Queensland dui ook die grens tussen die twee seë aan.
Die belangrikste rivier wat in die Koraalsee uitmond is die Fly. Die belangrikste nedersettings aan die see is Brisbane, die hoofstad van die Australiese deelstaat Queensland en Port Moresby, die hoofstad van Papoea-Nieu-Guinee.
Terwyl die Groot Koraalrif met sy eilande en kaaie aan Queensland behoort, is die meeste riwwe en eilandjies ten ooste daarvan deel van die Koraalsee-eilande se gebied. Verder is sekere van die eilande wes van en wat aan Nieu-Kaledonië behoort ook deel van die Koraalsee-eilande in 'n geografiese sin, soos onder andere die Chesterfield-eilande en die Bellona-riwwe.
Die Koraalseekom is sowat 58 – 48 miljoen jaar gelede gevorm toe die Queensland kontinentale plaat opgelig is en sodoende die Groot Skeidingsgebergte laat ontstaan het.
Die Koraalsee is ekologies gesproke 'n belangrike bron van koraal vir die Groot Koraalrif.
In die geskiedenis Die Slag van die Koraalsee het tydens die Tweede Wêreldoorlog hier plaasgevind.
Verwysings
Bronne Community monitoring of reef sharks in the Coral Sea and Great Barrier Reef, Australia (2008) Australian Underwater Federation
Eksterne skakels
Kategorie:Koraalriwwe Kategorie:Landvorme van Australië Kategorie:Geografie van Nieu-Kaledonië Kategorie:Geografie van Papoea-Nieu-Guinee Kategorie:Geografie van die Salomonseilande Kategorie:Geografie van Vanuatu Kategorie:Seë van Oseanië Kategorie:Seë van die Stille Oseaan